Met meer as veertien jaar se ondervinding in die alternatiewe energie bedryf, is Orka Solar ‘n betroubare naam in die Potchefstroom gemeenskap. Lourens de Jongh, Besturende Direkteur en Stigter, het met die Potch Gazette gesels oor waar Orka Solar begin het, wat hulle bied en hoe die toekoms vir dié maatskappy lyk.
‘n Nederige Begin
Lourens is al sedert 2011 in die alternatiewe energie bedryf, maar dit was nie tot en met 2017 toe Orka Solar gestig is dat dié besigheid uit sy nate begin bars het nie. Wat begin het met verhitting en eenvoudige installasies, het jaar na jaar gegroei en kon hulle sodoende meer personeel aanstel. Al die spanleiers is gekwalifiseerd en opgelei in hul onderskeie velde. Die heel eerste keer toe beurtkrag sy kop uitgesteek het, het Lourens ‘n geleentheid raakgesien. ‘n Hele paar jaar en báie beurtkrag later word daar byna in elke industrie gebruik gemaak van alternatiewe energie en die Orka span se hoof fokus is om verbruikers se krag rekeninge te verminder en hulle geld te spaar.
Kern missie en dryfkrag
Die kort en die lank van die saak is dat ons land se infrastruktuur oud raak. Daar kan enige tyd enigiets gebeur en dan moet landsburgers onafhanklik kan funksioneer - en dít is die uitkyk wat Orka Solar voor oë hou. Die siening was nog nooit beurtkrag nie, maar eerder om individue of besighede ‘n gevoel van ‘krag sekuriteit’ te gee. Een van die kern missies wat Orka Solar het, is dat hul kliënte nie gebonde aan Eksom en/of Munisipale krag óf verhogings moet wees nie. "Diegene wie alreeds sonpanele installeer het, word nie deur energie verhogings geraak nie", vertel Lourens.
In Potchefstroom veral is kragonderbrekings ‘n gereelde gebeurtenis en ‘n mens sal dink dat dit ouer dele van die dorp is wat die meeste geaffekteer word omdat die infrastruktuur dalk as ‘oud’ beskryf kan word. Verbasend is dit die nuwer dele wat die meeste kragonderbrekings ondergaan, omrede hierdie uitbreidings en komplekse se transformators oorlaai word. Die tempo waarteen die dorp uitbrei dra by tot hierdie probleme, omdat installasies óf nie ordentelik gedoen word óf oorlaai word; die lading is te veel vir die munisipaliteit om te hanteer.
Betroubaarheid en duursaamheid van die sonkragstelsels
Omdat Orka Solar ingestel is op kwaliteit en professionaliteit, doen hulle dinge deeglik. Hulle het ‘n interne, driepunt stelsel. Eerstens, by groter kliënte soos skole, hospitale en nywerhede, het hulle ‘n SLA (Service Level Agreement) met dié instansies. In hierdie dokument dui hulle aan dat die sisteme een maal per jaar skoongemaak en gediens word, sagteware word opdateer en instandhouding vind konstant plaas.
Tweedens het hulle ‘n aangewysde span wat slegs die aanlyn interfase monitor, hetsy dit huishoudelik, industrieel of landbou is. Deur gebruik te maak van hiérdie span, stel dit Orka in staat om ‘n fout op die sagteware op te tel nog voordat die kliënt dit self besef. Al die spanleiers is gekwalifiseerd en diegene wie onder hulle werk, wéét hoe die installasies werk; die span is gespesialiseerd in dít wat hulle doen. Die ontwerpe is baie goed, die installasies gebeur vinning en professioneel en die afgee van die projek is gerieflik.
En laastens fokus hulle op hoër-end handelsmerke wanneer hulle sisteme installeer. Maatskappye kry ook slegs toegang tot die sagteware sisteme wanneer hoër-end handelsmerke gebruik word. Wat Orka Solar onderskei van ander maatskappye wat dieselfde of soortgelyke dienste bied, is die feit dat hulle gereelde opleiding in hierdie goeie handelsmerke en kwaliteit produkte ondergaan. Lourens beklemtoon weereens die feit dat hulle nie goedkoop materiaal en produkte gebruik nie.
Tegnologie en Orka Solar
Met die tegnologie wat teen rasse skrede ontwikkel, is dit vanselfsprekend dat daar nuwe tegnologiese ontwikkelinge in die alternatiewe energie bedryf ook plaasvind. Om op hoogte te bly van die nuutste tendense, probeer die span twee keer ‘n jaar by die Solar Ekspos uitkom. Hulle doen navorsing tydens hierdie uitstallings en probeer op die voorvoet bly wat die nuutste tegnologiese ontwikkeling betref in dié veld. Lourens vertel heel opgewonde dat die tegnologie al tot so ‘n mate ontwikkel het dat danksy smart technology kan daar met die omskakelaar gekommunikeer word na verskillende toestelle [wat installeer en gekoppel is] en die ‘ekstra’ energie wat beskikbaar is, word na ander toestelle in en om die huis gestuur. Die landbou sektor trek ook groot voordeel met hierdie spesifieke tegnologiese kenmerk.
Uitdagings
Soos met enige instansie sal daar altyd uitdagings wees en die grootste een wat die span van Orka Solar tans ervaar is om die mark se uitkyk op alternatiewe energie te probeer verander. Die gemeenskap is geneig om sonpanele of alternatiewe energie as 'n oplossing vir beurtkrag te sien, waar hulle dit eerder moet sien as 'n manier om geld te spaar; veral nadat NERSA (Nasionale Energie Reguleerder van Suid-Afrika) 'n 36.1% verhoging in elektrisiteit aangevra het. Die lank en die kort van die saak is die feit dat die landbou, kommersiële en industriële bedrywe se elektrisiteit rekeninge hemelhoog is en juis as gevolg hiervan, is alternatiewe energie ‘n moet.
Wetgewing is ‘n ander uitdaging wat maatskappye soos Orka Solar in die gesig staar, juis omdat die SSEG (small-scale embedded generation) aansoeke lank vat om goedgekeur te word. “Maar daar is nie uitdagings wat ons nie kan oorkom nie”, het Lourens met ‘n glimlag gesê.
Langtermyn doelwitte
Die verkoop van alternatiewe energie is die droom van Orka Solar, “dit is waarheen die ‘hype’ van alternatiewe energie beweeg”. Hulle wil die gemeenskap van energie voorsien en hulle heeltemal onafhanklik maak van Eskom en/of Munisipale krag. Maar voordat dít kan gebeur, moet individue en besighede solar so gou as moontlik installeer vir verskeie redes. Alhoewel dit ‘n stewige bedrag is om op een slag uit te haal, moet dit eerder as ‘n belegging beskou word - want dit is presies wat dit is.
So, indien jy vir ‘n teken gewag het om na alternatiewe energie oor te skakel - hier is dit nou. Orka Solar se ervaring, professionaliteit en kwaliteit produkte maak hulle die ooglopende keuse vir enige en alle alternatiewe krag behoeftes wat jy mag hê.
Johané van Dyk - Potchefstroom
_______________________________
Kry hulle hiér
Besoek hul webblad of gaan maak 'n draai by hulle kantoor by 3 Retief Straat (The Square inkopiesentrum), waar hul gereed staan met 'n glimlag en reg om te luister.