☕🍰 ☕🍰 ☕🍰 ☕🍰 ☕🍰
In die hartjie van Potchefstroom, by 72 Thabo Mbeki-straat, lê daar ‘n spesiale plekkie wat al hoe meer mense se nuwe gunsteling word – Blank Canvas Café. Hierdie spesialiteits koffiewinkel en lunch venue is beslis ‘n besoek werd vir enigeen wat hou van goeie koffie, lekker kos en ‘n rustige atmosfeer.

Wat bied Blank Canvas Café?
Blank Canvas is nie net ‘n koffiewinkel nie – dis ‘n plek waar jy kan kom sit, kuier en sommer net asemhaal. Hulle bied sitplek binne, buite en ook takeaway as jy haastig is. Of jy nou ‘n vinnige koffiepouse nodig het of rustig wil sit vir ‘n lunch saam met vriende, hier is plek vir almal.

Die kafee spog met topgehalte koffie en ‘n een-in-’n-jaar uitsig wat bydra tot die unieke ervaring. Dis regtig een van daardie plekke waar jy maklik langer sit as wat jy beplan het.
Meer as net ‘n koffiewinkel
Blank Canvas Café is ook beskikbaar vir venue hire en privaat funksies. As jy dus ‘n spesiale geleentheid het – van verjaarsdae tot klein samekomste – is dit die ideale venue in Potch.
Vir navrae of besprekings kan jy hulle kontak by 072 021 3364 of ‘n e-pos stuur na blankcanvascafe1@gmail.com.

Vind hulle aanlyn 📱
Volg Blank Canvas Café op Instagram by blank.canvas.cafe of besoek hul webwerf vir meer inligting: Blank Canvas Website
‘n Perfekte kombinasie van koffie, kos en kuier
As jy nog nie daar was nie, maak ‘n draai by Blank Canvas Café. Dis die perfekte plek om daardie middag-krater vol te maak of sommer net jou dag met ‘n goeie koppie koffie te begin.
#PotchCoffee #BlankCanvasCafe #PotchLifestyle #PotchGazette #TheGoToGuy #StroomStories #Potchefstroom