🍽️🐄 🍽️🐄 🍽️🐄 🍽️🐄 🍽️🐄
As jy op soek is na daardie plattelandse gasvryheid met lekker kos en ‘n rustige atmosfeer, hoef jy nie verder te soek as Oukraal Restaurant en Plaashuis nie. Geleë op die bekende Bult in Potchefstroom, bring Oukraal vir jou die beste van twee wêrelde – ‘n gesellige restaurant en ‘n plaasvenue vir groot groepe.

Oukraal Restaurant – ‘n legendariese eetervaring
Die restaurant spog met ‘n lewendige maar knus kafee-styl atmosfeer en is ideaal vir ‘n vinnige koffie, ‘n lekker bord kos of ‘n spesiale funksie. Geleë by Classic Square, 78 - 80 Steve Biko Avenue, is dit maklik bereikbaar en perfek vir ‘n kuier op die Bult.
Hier kan jy platters, vaste spyskaarte, privaat partytjies en selfs funksie-spyseniering verwag. Oukraal se passie is om elke keer vir jou ‘n legendariese ervaring te bied. En of jy nou wil dine-in, buite sit of jou kos kom optel, hulle is reg vir jou.Kontak hulle gerus by 018 294 4678 of stuur ‘n e-pos na oukraalpotch@hotmail.com.

Oukraal Plaashuis – perfekte venue vir groot geleenthede
As jy ‘n groter groep is of ‘n unieke venue soek, bied die Oukraal Plaashuis net buite Potch by Vredefort Dome, Schoemansdrift die ideale opsie.Hier word spitbraais, buffet-etes, akkommodasie en groot groepfunksies aangebied. Dis perfek vir familiefeeste, spanbou of selfs ‘n troue met ‘n plaasgevoel.

‘n Lekker plaasatmosfeer met ‘n moderne tikkie 🌾🔥
Oukraal bring vir Potch daardie klassieke plaasgevoel met ‘n moderne flair – of jy nou in die dorp kuier of ‘n uitstappie soek. Maak seker jy draai daar in vir daardie legendariese ervaring waarvan almal praat.
🍽️🐄 🍽️🐄 🍽️🐄 🍽️🐄 🍽️🐄
#OukraalPotch #Plaaskuier #PotchKos #PotchBult #PotchPlaaservaring #PotchGazette #TheGoToGuy #StroomStories #Potchefstroom