Ons leer ons fotografiestudente hoe hul kameras en kamera-instellings werk en hoe hulle met lig kan rondspeel.
![](https://static.wixstatic.com/media/338691_6b2348556c584a66957612ace525a219~mv2.png/v1/fill/w_49,h_34,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,blur_2,enc_auto/338691_6b2348556c584a66957612ace525a219~mv2.png)
Kunsmatige intelligensie bly ’n groot saak. Ons reeks oor kunsmatige intelligensie word hierdie maand afgesluit. As jy enige navrae oor hierdie saak het, of selfs ’n artikel daaroor wil skryf, laat hoor gerus van jou.
Geniet hierdie uitgawe. Behalwe die normale verskeidenheid onderwerpe, kan jy ook op reis gaan om die aurora australis te sien en ook om saam na perdepret in Tibet te gaan kyk.
PDF Februarie 2024
Towerlaterns Fotografiekursusses
Towerlantern Fotografie bied ’n verskeidenheid kursusse, plaaslik en aanlyn aan. Ons gee ’n opsomming daarvan:
Beginnerskursus waarvoor jy niks vooraf hoef te weet nie en die basiese beginsels van fotografie leer.
Gevorderde kursus waarvoor jy ’n basiese kennis van jou kamera-funksies moet hê en dit in nog meer diepte wil beoefen.
Spesialiskursus waarvoor jy jou kamera goed moet ken en baie praktiese oefening in kamerawerk gaan kry.
Al hierdie kursusse is tans aanlyn beskikbaar. Al hierdie moontlikhede kan dus enige tyd begin. Daar is ook ’n selfoonkamerakursus beskikbaar. Dit is ook aanlyn beskikbaar en jy kan dus so gou as nou daarmee begin. Dit kan ook saam met enige van die bogenoemde kursusse gekombineer word.
Navrae: johan@towerlatern.co.za