Die Een Kant van Shein en Temu se Vriende
Vra maar vir enige mode "guru" oor Shein en Temu en jy sal dadelik hoor dat hulle die wonderlikste ontwerpe het, spotgoedkoop is, en aflewering vinniger is as wat mens sal verwag, baie Potchefstromers is mal om Shein en Temu te gebruik, en dis al amper die eerste plek waar meeste begin kyk na daai oulike nommertjie... voor jy eers binne in winkel instap.
Die Ander Shein en Temu Vriende
Maar gaan vra dan vir die winkelgroepe in Suid Afrika wat hulle dink van Shein en Temu en jy sal heel ander prentjie kry, Shein en Temu is glad nie so populêr in die besigheids wereld in Suid Afrika nie, met verskeie van die groot handelsmerke wat glo dat Shein en Temu se gebruik van skuiwergate in die invoer wette in Suid Afrika die speelveld ongelyk maak.
Toe Raak dirt Duurder
Hierdie druk het oor periode begin vrugte afwerp met meer fokus om te verseker dat daar wel voldoen word aan die invoer belastings vir klere, en baie Shein kliente het begin agterkom hulle pakkies raak dalk duurder oor die afgelope jaar.
Daai Goedkoop Pakkies
Onlangs was daar veral fokus op pakkies van onder R500 wat nie aan sekere belasting betalings moes voldoen nie, en hierdie punt het winkelgroepe in Suid Afrika behoorlik warm onder die kraag gehad, soveel so dat daar baie hard aan die Suid Afrikaanse Inkomste Diens (SAID) se deur geklop was deur die klerewerkersvakbond Sactwu en die Nasionale Federasie van Klerekleinhandelaars (NKF), om Shein en Temu se operasies en metodes in Suid Afrika te bekyk, en dit wil voorkom asof hierdie ou gaatjie ook nou binnekort toegemaak sal word.
So daai klein pakkies gaan jou dalk nog klein pakkie geld binnekort kos.
Oumas in China
Dan is daar die gaatjie van geskenke, hierdie reêl is dat jy ten minste twee pakkies per jaar kan ontvang vanaf die buiteland as geskenke, wat dan nie belasbaar is nie, dit is nou as Ouma vir jou bietjie ietsie wil stuur. Nnatuurlik is daar nou hordes Shein en Temu geskenke wat ons land binnestroom, beide Sactwu en NFK voel hierdie reël moet aangepas word aangesien dit nie met die moderne wêreld stroop nie, en hoeveel Oumas het ons nou werklik in China?
Vinnige Modes, Ou Modelle
Hoe dit ookal sy, Shein en Temu bly populer en moet mens self afvrae is dit nie dalk ook oor hulle dalk ander mengsels in hulle wen resep het nie, soos die feit dat hulle letterlik daai prentjie wat jy sien binne in n dag maak en dan paar dae later in Suid Afrik ahet, terwyl die gewone winkels amper maande vooraf moet bepaal wat hierdie seisoen in mode sal wees, ons almal weet hoe moeilik dit is om somer klere in somer te koop en winter klere in winter.