Die Potch Gazette het met Johan Naude van Cachet Park CID gesels en so paar belangrike vrae gevra en skokkende statistiek gekry.
Die stiging van CID
Tussen 2009 en 2014, gedurende Johan se tyd as student aan die NWU Potchefstroom kampus, was die Bult as ‘n veilige omgewing gesien en het studente omtrent in hierdie area geboer - dag én nag. Ongelukkig het ‘n toename in misdaad vanaf 2015 plaasgevind en dit het jaarliks net vergerger, soveel so dat die Bult met gevaarlike areas soos Hillbrow, Sunnyside en Johannesburg CBD vergelyk word. Die Bult het gesukkel onder die teenwoordigheid van misdadigers en karwagte wat dikwels gewelddadig geraak het as hulle nie betaling ontvang het nie. Boonop was baie van die karwagte ook betrokke by dwelmhandel, wat verder bygedra het tot die agteruitgang van die area. Vir Johan strek hierdie inisiatief verder as net 'n verskil maak op die Bult. Nadat hy 'n noue ontkoming gehad het met 'n vabond en dié se mes , skep hy (en die litmerk op sy linkerarm) gedurig bewusmaking van veiligheid onder studente. “Daar was 'n behoefte dat iemand moes ingryp en so het die idee van Cachet Park CID ontstaan. Na die CID se stigting, kon 'n sigbare verskil onmiddelik raakgesien word.”
‘n Doring in die Bult se vlees
Studente is dikwels meer kwesbaar vir misdaad en word gereeld geteiken, wat daartoe gelei het dat die Bult 'n slegte reputasie ontwikkel het vanweë die hoë misdaadkoers wat op die studentegemeenskap gefokus het. Daarbenewens is Cachet Park en die aangrensende parke deur haweloses, dwelmgebruikers en misdadigers gebruik as slaapplek en dwelmgebruik-areas, en is dikwels besaai met tekens van vuurmaak deur haweloses wat warm probeer bly. Hierdie faktore het die Bult as 'n gevaarlike plek gebrandmerk, waar gevare om elke hoek en draai gelê het - letterlik en figuurlik. Die parke is ook gereeld bevuil met naalde, drankbottels en gebruikte kondome, wat die voorkoms van die openbare ruimtes ernstig aangetas het.
Aksies en inisiatiewe
“Daar was deur verskeie besigheidseienaars, komitees en dies meer inisiatiewe geloods in die verlede, maar die uitvoering was nie noodwendig volhoubaar nie. Ek is nie heeltemaal seker hoekom die vorige inistiatiewe nie volhoubaar was nie, maar deur my ervaring kon koste ook 'n rol speel. Ongelukkig vat dit 'n magdom hulpbronne om so projek of inisiatief te maak werk.”
Buzzer is die gonswoord
Laai die gratis Buzzer toep af om enige verdagte optrede waarneem of jy hulp benodig:
iOS: https://tinyurl.com/fxt66p47
Android: https://tinyurl.com/57s84zev
Huawei: https://tinyurl.com/5yt3umav
Finansies is die grootste uitdaging
Soos talle ander nie-winsgewende organisasies, is finansies die grootste uitdaging wat die CID in die gesig staar. Alhoewel hierdie NWO 'n gemeenskap het wat graag bydraes maak tot die projek, vat dit baie geld en hulpbronne om na hul einddoel te werk. “Tans het ons minstens 40 persone wat direk en indirek deel vorm van die Cachet Park CID projek. Die meerderheid is werkers deur ons diensverskaffers wat wagte, skoonmakers en vullis verwyderaars insluit.” Die indrukwekkende CCTV netwerk spog deesdae met meer as 200 CCTV kameras in en om die area en dié moet onderhou word en ook deur versekering gedek word - it adds up. Die CID se uitgawes beloop tans meer as R500 000+ per maand om die dienste op die Bult te kan lewer. Die einste CCTV kameras het al baie oortreders vasgetrek en bied insiggewende statistieke vir Johan en sy span.
‘n Paar veiligheidswenke vir inwoners en studente
Moenie in die strate beweeg as dit donker is nie. Alhoewel die sekuriteit opgeknap is, is dit fisies onmoontlik om orals te wees, “so jou veiligheid is ook jou verantwoordelikheid.”
Ongelukkig ervaar studente gereeld misdaad weens nalatigheid, soos bv. hekke, vensters en deure van woonstelle wat oopgelos word. Dit skep 'n geleentheid vir opportuniste wat diefstal wil pleeg. Daarom versoek die CID dat hekke, deure en vensters toe gehou en gesluit word.
Die ‘hoof insident tipe’ waar hulle gereeld betrokke is, is motorongelukke en die meeste van hierdie voorvalle vind in die middernagtelike ure plaas, veral wanneer alkohol betrokke is.
Baie studente word ook deur sakkerollers (pickpockets) affekteer, omrede hulle toelaat dat vreemdelinge in hul persoonlike spasie inkom. Ongelukkig is dit 'n moeilike probleem om aan te spreek, juis omdat dit binne etlike sekondes gebeur, ook omdat die misdaad nie maklik deur CCTV of selfs die blote oog gesien word nie.
Merk jou kalender
Hulle het al heelwat aansoeke gekry van organiseerders wat feeste op die park wil hou en daar is reeds 'n paar wat goedgekeur is. Hou ons Events Calendar dop om nie hierdie geleenthede, feeste en gebeure mis te loop nie.
Sal die Bult sy status kan terugkry?
Dit bly hul missie om die Bult te verbeter en meer te beveilig. Die uitdaging bly steeds om die persepsie van die Potchefstromers buite die Bult te verander, omdat baie mense ‘n slegte konnotasie met die Bult het tot so ‘n mate dat hul glad nie meer daar kom nie. Die bestuurspan van Cachet Park CID kan die positiewe verskil sien wat hul al tot dusver gemaak het. “ ‘n Mens kan onmiddelik die onderskeid maak tussen gebiede waar die CID betrokke is en waar nie,” het Johan genoem.
Die toekoms van die Bult
Die Bult sal altyd die "studente-hub" van die dorp bly en met die hoeveelheid nuwe geboue en besighede wat opgerig word om die groeiende studentetal te akkommodeer, lyk die toekoms van die Bult goed. Die Bult sien gereeld nuwe winkels wat oopmaak met die hoop dat die teikenmark reg is om sodoende te kapitaliseer op die studente. “So alhoewel daar voortdurend verandering plaasvind, bly die Bult dieselfde.”
Volg hulle op sosiale media
Volg Cachet Park CID op Facebook of Instagram. Vir verdere gemoedsrus, raak deel van hul WhatsApp gemeenskap of skandeer die onderstaande QR kode:
‘n Laaste woord van dank
“Ek sal graag aan die NWU, elke lid, besigheid en bestuursagent wil dankie sê vir hul bydrae tot die CID. Sonder hul bydrae en insette, is dít wat ons doen nie moontlik nie.”
Johané van Dyk - Potchefstroom
Herewith August 2024s incident report as captured by Mooirivier Beskerming in the Cachet Park Area
We have seen a dramatic increase in Pick Pocketing and Scamming incidents as of late, where Pick Pocketers prey on club and bar patrons throughout the night and early mornings.
Scammers tend to prey on unsuspecting students through spiritual or religious means or request that students leave their belongings with them in exchange for simple favours.
Our security and monitoring personnel successfully identified and arrested a number of suspects throughout August, so thank you to them for being vigilant 24/7.
We responded to 92 Buzzer alerts so far this year, so it's been proven to be an effective tool for you, our community to alert us of any suspicious activity. Keep those alerts coming.
Free BUZZER download links:
iOS: https://tinyurl.com/fxt66p47
Android: https://tinyurl.com/57s84zev
Huawei: https://tinyurl.com/5yt3umav