Potchefstroom, 17 September 2023 - Wat eens 'n ruimte was waar studente veilig kon sosialiseer naby die hoofkampus van die universiteit, is nou 'n omgewing wat toenemend riskant raak.
Identiteit van Die Bult
Die onlangse gebeure waarin 'n motorvoertuig op roekelose wyse in Steve Bikostraat gespin het, bring 'n ernstige saak onder die aandag: die Bult is besig om sy identiteit en veiligheid te verloor.
'n Video is die afgelope naweek op Facebook blad van Potchefstroom First Responders groep geplaas waarin 'n opgeboude spinning voertuig, bekend as "King Mokotedi", sy bande op die teerpad brand en in sirkels rondjaag. (Video Skakel Hier)
Dit het vroeg Saterdagoggend plaasgevind, 'n Klein groepie mense het die "vertoning" aangemoedig, wat 'n groot lawaai en rook veroorsaak het.
Daar is ook berig geplaas oor selfde insident in die Potchefstroom Herald (Skakel Hier)
Stappe Beplan
Die bestuurder van Cachet Park CID, Johan Naude, het duidelik gemaak dat stappe teen die betrokke persoon geneem sal word. "Ons sekuriteit doen wat hulle kan om wetstoepassing te laat plaasvind. Hierdie soort wetteloosheid skep 'n gevaarlike situasie," het Naude gesê. Hy voeg by dat daar planne is om die Bult beter te beveilig.
Kriminele Elemente
Een van die ander groot probleme wat die Bult pla, is die toenemende aantal verdagte voertuie wat studente beroof. "Misdadigers sien studente dikwels as 'n maklike teiken," sê Naude. Dit is 'n saak van ernstige kommer dat die omgewing wat eens 'n tuiste vir studente was, nou 'n omgewing van potensiële gevaar geword het.
Kommersiele Risiko
Besighede is ook besig om uit die area na ander areas in Potchefstroom te skuif, of selfs heeltemal toe te maak, dit is bekommerde tendens wat kommersiele risiko vir Die Bult as kern van studente se sosiale lewens inhou, as die besighede gaan, dan gaan die gees en hart van Die Bult ook gaan.
Dis Geemeeskapsaak
Die afgelope gebeure onderstreep die noodsaaklikheid vir gesamentlike aksie van alle betrokke rolspelers, insluitend studente, gemeenskapsorganisasies, en die polisie, om die Bult 'n veilige en aangename omgewing vir almal te maak. Die vraag bly: Kan die oorspronklike gees van die Bult bewaar bly, of is dit gedoem om 'n skim van sy vroegere self te wees?
Gemeenskap Kontakte
Dankie aan Potchefstroom First Responders, wat gereeld opdaterings aan die gemeenskap gee oor sulke gebeure, asook Cachet CID en MooiRivier Beskerming, wat as die hooforganisasies dien in die poging om die Bult veilig te hou.
Cachet Park CID Facebook Blad: Skakel Hier
Potchefstroom First Responders Facebook Blad: Skakel Hier
Mooirivier Beskerming Facebook Blad: Skakel Hier
Potchefstroom SAPS Facebook Blad: Skakel Hier