Dit is 'n hartseer dag, nie net vir die Afrikaanse musiekbedryf nie, maar ook vir die vriende en familie van Jean du Plessis, oftewel Jan Bloukaas soos die meeste hom geken het.
Na 'n lang stryd met breinkanker, is die sanger van treffers soos 'Kaas Bra', 'Sterre Brand' en die nuutste enkelsnit saam met Hunter Kennedy, 'Wes-Kaap', op 3 Desember oorlede. Hier volg die verklaring vanaf sy bestuurspan:
Dit is met groot hartseer dat ons met julle nuus meedeel, Jan Bloukaas, Jean du Plessis - gisteraand na sy Hemelse huis is. Sy helder lag, liefde, veg krag en omgee vir ander los ń leemte by ons. Die familie en naasbestaandes bedank elkeen vir hulle gebede, ondersteuning en vra vir privaatheid in die tyd. Sy musiek leef voort en sy stem sal altyd by ons bly. Ons gaan jou mis maar weet jy is jou waar jy moet wees. Nou kan jy rus.
Medelye van vriende, kennisse en aanhangers stroom in vandat die nuus bekend gemaak is. Jean was in die laaste fase van breinkanker en het sedert sy diagnose het sy lewe drasties verander vir die beter. Tydens 'n onderhoud met Jakaranda FM, het Jan aan Martin Bester genoem "As ek nie kanker gekry het nie, sou ek nie die Here ontmoet het nie." Met die hurtsmerk #GodKan het hy talle Suid-Afrikaners inspireer deur sy mees kwesbare self op sosiale media te deel en gewys wat in hom stee; dít is ook die naam van sy laaste album. Jan was baie aktief op sosiale media en het graag sy reis met aanhangers gedeel op verskeie platforms. Op 1 Desember het hy sy laaste video op Facebook geplaas om vir sy 'katte', soos hy graag na sy aanhangers verwys het, te herinner oor hoe groot en goed God is.
Jean is in September 2022 met breinkanker gediagnoseer. Tydens 'n onderhoud met Rapport het hy aan die joernalis genoem dat sy liedjie 'nog nie klaar is nie' en Jean het sy veggees gewys in die laaste paar maande voor sy afsterwe en hy het verskeie liedjies opgeneem en vrygestel saam met 'bucketlist' kunstenaars.
Op 4 Desember sal daar 'n nuwe, inspirerende reeks, 'Net Mens', op kykNET begin. Aangebied deur Reynardt Hugo, sal hierdie uitsonderlike reeks fokus op die regte mense agter die verhoog en kameras. En hoe toevallig is dit dat die eerste episode dié van Jan Bloukaas is. Skakel vanaand om 20h00 in om 'n kykie in die lewe van Jean du Plessis te kry, waar sy ouers, skoolvriende en medekunstenaars oor dié besonderse kunstenaar gesels.
Dankie vir jou unieke menswees en klank wat jy na die Afrikaanse musiekbedryf gebring het, Jan.
Johané van Dyk - Potchefstroom