Dit was 'n hele maand se stemmery, maar ná al die 'likes', 'shares' en 'comments' op The Go-To Guy se Facebook blad, was die wen-paartjie eindelik gekies deur die borge.
Twee suksesvolle kompetisies
Vanjaar het The Go-To Guy twee aparte matriekafskeid kompetisies geloods en beide was baie suksesvol. Die eerste een was waar enige matrikulant kon inskryf om haar droomrok te wen. Du Preez by Design en Revivified Beauty Salon in Potchefstroom is die twee hoofborge wat hierdie droom in 'n realiteit verander het vir Dineo Modungwa.
Vir die tweede kompetisie was die fokus op die mooiste paartjie en die inskrywings het ingestroom. Slegs 'n week nadat die inskrywings gesluit het, was daar alreeds 'n Top 10. Deelnemers het die kompetisie met vriende en familie gedeel en aangeraai dat almal gaan stem - dit is beslis een van die kompetisies wat die meeste reaksie gekry het.
Fantastiese Borge
Die borge vir hiérdie kompetisie het nie terug gehou nie en op die ou end van die dag was die waarde van al die pryse meer as R15 000! 'n Groot dankie gaan aan elke liewe borg wat hierdie ongelooflike prys moontlik gemaak het. Sonder julle sou hierdie kompetisie baie minder indrukwekkend gewees het. Ons weet sommer dat die wenners elke liewe prys gaan geniet! Die fantastiese borge wat hierdie wenprys moontlik gemaak het:
The Feather Hill
Absolutely Perfect Water Potchefstroom
Homestead Butchery
Huizen's Manufacturing Jewellers
LvR designs
Lien Klokow Photography
Flotek North West
Perfection Beauty Salon
SA_MindMaze_EscapeRooms
Daly Ford Potchefstroom
Kleinplasie Produkte
Diggers-inn Pub and Grill
Jukebox Restaurant & De Rooie Deur
LyriMus Theater
Vloermoer Smashroom
Mooirivier Mall Car Wash
Revivified Beauty Salon
du Preez by Design
Abraham Kriel Kinderhuis (Liggiefees kaartjies)
Die Top 5
Na nog 'n tydjie is die Top 5 eindelik bekend gemaak en dit was nou in die beoordeelaars (borge) se hande oor wie die gelukkige paartjie gaan wees wat met hierdie gróót prys wegstap. Dit was baie interessant om te sien dat die dames wat in die Top 5 was, almal blou rokke gedra het - of dit die beoordeelaars se stem makliker gemaak het, weet ons nou nie.
Die Gelukkige Wenners
Baie geluk aan Attie en Amily wat as die wen-paartjie gekroon is! Hierdie twee stap weg met wonderlike pryse, onderandere 'n ete vir twee by The Feather Hill se restaurant, Vista's, travel mugs met hul elkeen se name op, 'n mini fotosessie deur Lien Klokow Photography en elkeen het ook 'n heerlike biltong hamper ontvang om slegs 'n paar van die pryse te noem.
Baie dankie aan elke paartjie wat ingeskryf het, elke vriend en familielid wat gaan stem het en elke borg wat 'n prys geskenk het, julle het hierdie kompetisie een vir die boeke gemaak!
Johané van Dyk - Potchefstroom