Daar was sedert gisteraand (9 Oktober) geen water by sommige Potchefstroom wyke.
Kommunikasie vanaf die JB Marks Munisipaliteit ontvang, het inwoners ingelig dat dié tekort aan water is as gevolg van 'n 400mm asbes pyp, wat water aan die Vyfhoek Reservoir verskaf, gebars het. Hiérdie pyp, wat in die dam gebars het, is ongelukkig diep ondergrond en as gevolg van die diepte en grootte van die dam, is die munisipaliteit nie in staat om die nodige herstelwerk gedurende die aand te doen nie. Daar is intussen aan die pype begin werk.
Volgens Anné van Onselen, DA Raadslid vir Wyk 23, is daar twee pyplyne wat water na die reservoir voer, maar ongelukkig is daar nie deurentyd met die kleiner lyn water na die reservoir toe gepomp nie. Sy het ook met inwoners meegedeel dat die reservoir nou heeltemal leeg is en dat die munisipaliteit beoog om die probleem hopelik teen vanaand (10 Oktober) opgelos te hê. "Ek was nou al deur 'n paar JBM waterkrisisse en as ek my persoonlike opinie moet gee: berei eerder voor om (hopelik) teen môre aand weer water te begin kry", het Anné gisteraand op 'n Wykgroep laat weet.
Die wyke wat geaffekteer is deur hierdie probleem
Wyk 3
Tuscany, De Land , Helderzicht, Dagbreek, Hillside, Vyfhoek, Saddlebrook, Bailliepark
Wyk 23
Mooivalleipark, Van der Hoffpark, Ou Bailliepark
Wyk 24
Grimbeekpark
In die tussentyd is daar met die munisipaliteit gereël om watertenks uit te stuur en daar is ook reeds met privaat maatskappye kontak gemaak om te vra vir hulp. Afleweringspunte sal deurgegee word op die wyke se afsonderlike WhatsApp groepe.
Inwoners word gemaan om geysers af te sit en in gedagte te hou dat die hoogliggende wyke laaste water sal kry.
Johané van Dyk - Potchefstroom