Besondere Verjaarsdag Projek
So rukkie terug sien The Go-To Guy raak dat EB's hardeware projek het wat kinders by die Abraham Kriel Kinderhuis ondersteun met hulle verjaersdae, ons aandag is sommer onmiddelik getrek want party van ons hier by The Go-To Guy ken kinderhuislewe van ons eie ondervindinge, en dis in alle geval altyd lekker om iewers aan kinders ń positiewe verskil te maak.
Verjaarsdag Koek is ń moet...
So kontak ons toe vir EB's Hardeware en binne in ń japtrap reël ons dat The Go-To Guy vir die volgende jaar tien koeke per maand vir die kinders se verjaersdae sal borg, en so ook aan die kinders dan positiewe ondervinding gee, wie hou dan nie van koek op hulle verjaarsdag nie.
Rugbytyd
Dis toe dat The Go-To Guy se boetie Robert, Johannesburg toe is om die Springbokke te gaan afsien by die lughawe, en terugkom met ń Rugbybal wat mooi netjies deur 14 Springbokke geteken is, en hy loop so pronk-pronk daar by die kantoor rond met hierdie bal, duidelik tevrede met homself en sy nuwe bal onder sy arm.
Kry daai Bal onder sy arm uit :)
The Go-To Guy het daai bal so bekyk, geweet dis kinders se verjaarsdae by die Kinderhuis en onderhandel toe met hom om hierdie bal aan The Go-To Guy te verkoop, met die idee dat een van die kinders by die kinderhuis dalk hierdie bal meer sal waardeer, en ons koop toe die bal en skenk die bal aan EB's Hardeware se kinderprojek, min het The Go-To Guy geweet dat die bal eintlik meer kinders sal kan help as net een van die wat hulle in gedagte gehad het.
EB's Hardeware Blink Plan
EB's hardeware het ń gulde geleentheid raakgesien om dalk hierde bal te loot aan die publiek, en na gesprek met The Go-To Guy is besluit die bal sou geloot word en die fondse aan die kinderhuis geskenk word, en sodoende vir Abraham Kriel Kinderhuis nog bietjie meer van hupstoot te gee aan hulle verskillende projekte, wat almal baie geld kos, en siedaar deur EB's Hardeware is ń baie goeie plan is gebore.
EB's Hardeware: Skakel Facebook Blad
Potchefstroom is aan die Brand
Maar Potch laat mos nie op hom wag nie... binne in ń oogwink was daar sommer groep bymekaar en iets fantasties het begin vorm, die bal is deur EB's Hardeware in baie mooi professionele houer gesit, en toe deel van baie groter projek geword wat begin vorm het, dit saam met name soos Kooperasie Kroeg, Meerkat Afslaars, Farmspace, Massey Ferguson, Agripieces SA, Landini, Kragstasie en nog ander
Die Bok Masjien en Abraham Kriel Ondersteuning
Die video vang sommer die storie mooi vas... Die Bok Masjien is by Die Korporasie!!! Kom bou saam die bok gees en geniet die veiling ten bate van Droogtehulp en Abram Kriel Kinderhuis.
Julle is Uitgenooi Donderdag
So almal is uitgenooi om Donderdag 26ste Oktober by Kooperasie Kroeg en Kos te wees en die projek te ondersteun, sommer in die gees vir Rugby naweek te raak en om hulle self te kom geniet.
Maar Kuier sommer Vrydag en Saterdag ook
Maar onthou daar is sommer ń hele naweek se pret by Kooperasie, so kom maak vriende Donderdagaand en kom kuier dan sommer vir die Vrydag en Saterdag ook... en help die bokke om daai All Blacks aan die Wit Kant van hulle lyn te hou.
John Rock Prophet
Kuier saam met John Rock Prophet, 'n Lirieke boer, wat skryf in Afrikaans en sy eie weergawe van engelse liede doen
Die Helde van die Jaar
Die ouens aan die regte kant :) van die lyn op oomblik, ons Springbokke
Die Kooperasie
Kooperasie is sommer ń lekker plek en jy kan hulle volg op die volgende skakels:
Kooperasie Facebook: Facebook Skakel
Kooperasie Web: Web Blad Skakel
Ander Borge en Maatskappye wat Betrokke is
Hier is van die ander borge se aanlyn en sosiale media skakels vir meer inligting:
Farmspace: Facebook Skakel
Agripieces: Web Blad Skakel
Massey Ferguson: Web Blad Skakel
Genius Landini Potchefstroom: Facebook Skakel
Kragstasie Opwekkers: Web Blad Skakel
Skilpadtepel: Facebook Skakel
Daai Bok Masjien, Rugbybal en Ander Produkte
Hieronder is so paar lusmaker foto's van die verskillende veiling produkte wat aanlyn en by Kooperasie op gebië sal kan word. Jy kan ook Meerkat Veilings se "App" aflaai of na hulle web blad gaan op hierdie skakels
Web Blad: Meerkat Veiling
Android: Meerkat App Skakel
Apple: Meerkat App Skakel
Die Bokmasjien van Farmspace en Agripieces SA
Hier is ook Video oor die "One-of-a-kind Masjien"
Die Rugbybal Geborg deur The Go-To Guy en EB's Hardeware
Rugbybal geteken deur 14 spelers van die 2023 Rugby Wêreldbekerspan. Die rugbybal was op die lughawe geteken toe die span na Frankryk vertrek het. Alle opbrengs van hierdie lot word aan Abraham Kriel Kinderhuis Potchefstroom geskenk.
Unieke Brandewyn Wynhouer
Jerry Can Mini-kroeg
Massey Ferguson MF 8S.265 Model Trekker
Massey Ferguson MF 8S.265 Model Trekker (1:32 skaal) • 1 van 2000 • Geborg deur Massey Ferguson & Farmspace
Biltongkerwer
Kooperasie Kroeg & Kos Biltongkerwer; Geborg deur Kooperasie Kroeg & Kos
Falcon Slasher
Nuwe Falcon F25/120 Slasher; Geborg deur Genius Landini
Generator
40 KVA PTO Generator, Enkel en drie fase.
Skilpadtepel
Nuttige en smaaklike geskenkboks
en nog vele meer...