In die 1970's is daar interresante Potchefstroom verhaal wat vandag in ons argiewe storieboek is, die van ń skoolseun wat dronk op sy fiets rondgery het, en toe deur die polisie destyds arresteer is.
Die berig wat destyds in die koerant gepubliseer is vertel dat die seun oor en weer oor die pad gery het. glo so dronk dat hy glad nie reguit kon ry met sy fiets nie, en selfs deur die polisie van die pad af gedruk moes word oor hy nie wou stop nie.
Dit wil voorkom of díe dag net nie beskoor was om goeie dag vir die seun te wees nie want hy is opgemerk terwyl hy reg voor polisie stasie verby gery het met sy f.iets, al swaaiend heen en weer oor die pad, en Konstabel J Booysen sou getuig dat eers by die aanklagkantoor sou hy besef die jong mannetjie is smoordronk
Die seun van sewentien jaar, wat besig was met sy finale matriek eksamen, is deur Magistraat Mnr T.A. Smith gestraf met ses rottangslae as straf, en mag ook nie enige leerling lisensie of lisensie om voertuig te bestuur kry vir een jaar nie.
Die ses houe wat hy gekry het, was ook wat sy pa aan die hof voorgestel het tydens die pa se toespraak aan die hof, die dag toe die seun verskyn het.
Eina!