Potchefstroom- Baie van ons het dit al gesien, iemand wat smeek vir hulp op Facebook, vir geldjies, bystand, kos, klere en nog baie meer, party het dit moderne bedel genoem en sosiale media kommentaar het baie van hierdie versoekers verslind.
En toe is Daar Prissila
Een so vrou was Prisilla King, wat hier in Potchefstroom al haar trots al moes verloor, toe beide sy en haar man hulle werke verloor het, en sy uit desperaadheid een van daardie mense op Facebook moes word.
In 'hierdie klipharde omstandighede, waar Prissila en haar man al jarelang met finansiële stryd worstel, het hierdie huisvrou besluit om nie langer aan die lot oor te laat nie. Te midde van gemeenskaplike oordeel en uitsluiting, het Prissila 'n besigheid begin wat nie net 'n inkomste genereer nie, maar ook 'n straal van hoop vir baie is.
Die Begin van 'n Droom
Prissila se man, met 39 jaar ondervinding in houtwerk, kan nie werk kry nie weens 'n rugprobleem wat hom dwing om 'n loopstok te gebruik. Prissila self was ook werkloos en het vroeër probeer om geld in te bring deur wasgoed te was en plante te verkoop. Maar alles het verander toe sy 'n droom gehad het. "Ek het 'n week lank gebid en gehuil en toe droom ek van die babakotjies," sê sy.
Handwerk met 'n Hart
Met 'n klein bietjie kennis van houtwerk en absoluut geen ervaring in naaldwerk, het Prissila op 'n Vrydagoggend opgestaan en haar eerste babakotjie gemaak. "Ek het een rol garing en 'n pakkie naalde gekoop en het toe vier bestellings gekry. Met daai geld het ek materiaal gekoop om meer te maak," vertel Prissila.
Besonderhede en Toewyding
Die miniatuur babakotjies is so fyn gemaak dat dit lyk soos die regte ding. Dit neem Prissila omtrent 'n dag om drie van hierdie juweeltjies te maak. Die kotjies kom in verskillende kleure soos room en wit, maar kan ook in pienk, groen of pers gemaak word, afhangende van die materiaalbeskikbaarheid. Dit kost R400, insluitend 'n vol stel beddegoed.
Gemeenskap Ondersteuning
Na jare van stryd het Prissila eindelik 'n bron van inkomste en erkenning gevind. Die eienaar van haar woonstel het selfs 'n klein werkswinkel beskikbaar gestel. "Ek bid steeds vir 'n naaldwerkmasjien, dit sal baie help," sê sy.
God se Hande
"Ek sê dit is nie my hande wat dit doen nie; dit is God se hande wat myne lei," sê Prissila, 'n vrou wat 'n voorbeeld stel dat hoop en hard werk 'n kragtige kombinasie is.
Vir diegene wat die moed gehad het om in hierdie besondere huisentrepreneur te glo, is daar 'n boodskap van dankbaarheid: "Baie dankie aan die wat ons reeds ondersteun het."
Soos ons geselskap eindig, laat Prissila ons met 'n boodskap van hoop en volharding: "Geseënde dag en naweek aan almal."
Prissila se Besonderhede
As jy belangstel om 'n miniatuur babakotjie te koop of net jou ondersteuning wil toon, kan jy Prissila kontak by 079 126 4713.
Addisionele Inligting
Hoe lank vat dit om een te maak?
sover maak ek 3 per dag van optrek verf en beddegoed stellietjies
Kan mens verskillende kleure kry?
Het beskikbaar in cream en wit maar kan ook in pienk groen of pers maar sal dan net n materiaal moet kies wat by dit gaan.
Hoe groot is die kot?
500x380 my baba van 1 speel in hom
Wat is die pry? .
Dis R400 vir n kot en n vol stellietjie beddegoedtjies
Hoe lank vanaf bestelling tot mense dit kan kry:?
Op die oomblik binne 2 dae