Is jy jonk, energiek en sportief? Hou jy van fisiese aktiwiteite en werk met mense? Dan is hierdie geleentheid vir jou!
P.R.E.T. Arena, 'n dinamiese vermaaklikheidsbesigheid in Potchefstroom, is op soek na ‘n instrukteur wat:
Aktiwiteite kan demonstreer en as skeidsregter kan optree
Uitstekende kommunikasievaardighede in Afrikaans & Engels het
Energiek, vriendelik en geduldig is
Beskikbaar is op Vrydae & Saterdae
Hierdie posisie is perfek vir studente, skoolverlaters op 'n gap year, of jongmense wat ekstra inkomste wil verdien.
Markverwante uurlikse vergoeding
Sluitingsdatum: 26 Februarie 2025
Stuur jou CV na info@pretarena.co.za
Indien jy nie binne ‘n week ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, beskou jou aansoek as onsuksesvol.
