M-Care hospitaal het Studente ontvangs skofte beskikbaar. Indien jy belangstel voltooi asb onderstaande vorm via Google vorm.
Wat behels ñ skof om en by?
Dit behels instaan in ontvangs, besoekers verwys na waar hul behoefte is, telefone antwoord, ons vending machine net "refill", voorraad opname en asook administratiewe take waarmee ons hulp benodig (ontslag leêrs van pasiënte voorberei ens). Dit behels ook oop maak van ingaan en uitgaan hek - via 'n kamera sisteem.
Oor 'n naweek sal daar besoek ure wees, wat behels om behulpsaam te wees met die besoekers asook saam met die saal te werk / kommunikeer. (Goeie kommunikasie en vertroulikheid is baie belangrik)
Opleiding met ñ basiese handleiding word voorsien.
Sper datum is om Sondag 20 Oktober 2024.
L.W. jy is welkom om studie werk saam te bring, sal in meer detail gedurende die onderhoud bespreek word.
Vriendelike groete
Charmelle
M-Care hospitaal