Neem asb kennis van wat die skofte behels, die ure en die betaling. Is jy aanpasbaar vir die deeltydse skofte?
Meer inligting aangaande die deeltydse skofte:
Graag bevestig ek dat die skofte deeltyds, betaalbaar is R32.60 per uur, ure word aan die einde van die maand ingedien en betaling sal geskied na aanleiding van ure gewerk.
Werks ure is: Maandae - Vrydae 16:00 - 19:00 - 3 ure
Naweke & Publieke vakansie dae: 07:30 - 19:00 - 11.5 ure
L.W. Die hospitaal sluit nie gedurende fees tydpreke nie (Paasfees, kersfees, nuwe jaar ens).
Wat behels ñ skof om en by?
Dit behels instaan in ontvangs, besoekers verwys na waar hul behoefte is, telefone antwoord, ons vending machine net "refill", voorraad opname en asook administratiewe take waarmee ons hulp benodig (ontslag leêrs van pasiënte voorberei ens). Dit behels ook oop maak van ingaan en uitgaan hek - via 'n kamera sisteem.
Oor 'n naweek sal daar besoek ure wees, wat behels om behulpsaam te wees met die besoekers asook saam met die saal te werk / kommunikeer. (Goeie kommunikasie en vertroulikheid is baie belangrik)
Opleiding met ñ basiese handleiding word voorsien.
L.W. jy is welkom om studie werk saam te bring, sal in meer detail gedurende die onderhoud bespreek word.
Beskikbaarheid:
Opleiding sal moontlik einde Februarie / begin Maart geskied - die rooster sal eers teen Februarie vir Maart beskikbaar wees met ge-allokeerde skofte L.W. skofte sluit in Desember en Januarie, vakansie dae ingesluit (ure mag moontlik verskil.)
Voltooi asb aansoek vorm by die Skakel :
Sluitings Datumn 20 Februarie 2025
