Is jy 'n 2de tot 4de jaar student en op soek na deeltydse werk wat jou sal pas, terwyl jy vir die komende jaar saam met ons kan groei? Ons bied jou die geleentheid om by ons span aan te sluit!
Werkskofbesonderhede:
Betaling: R32.60 per uur
Ure:
Maandae tot Vrydae: 16:00 - 19:00 (3 ure)
Naweke & Publieke Vakansiedae: 07:30 - 19:00 (11.5 ure)
Ure word aan die einde van die maand ingedien en betaling geskied volgens ure gewerk.
Ons werk ook gedurende feesdae soos Paasfees, Kersfees, en Nuwe Jaar.
Wat behels die skof?
Ontvangsdiens: Verwys besoekers na die regte plek.
Beantwoord telefone.
Vul ons vending machine aan en neem voorraad op.
Help met administratiewe take soos die voorbereiding van ontslag lêers van pasiënte.
Beheer van die ingang- en uitgangshek deur middel van ‘n kamera sisteem.
Naweke: Hanteer besoekure en werk saam met die saalpersoneel.
Wat jy kan verwag:
Basiese opleiding en handleiding word voorsien.
Jy mag jou studiemateriaal saambring – bespreking sal in meer detail plaasvind tydens die onderhoud.
Aansoeke oop vir studente wat verantwoordelikheid en vertroulikheid waardeer.
Volg die skakel hieronder om aansoek te doen:
Sluitings Datumn: Sondag 27 Okktober 2024