Wanneer laas het jy gesien hoe EDM en trance-musiek op plastiekdromme gespeel word? Drommedaris Drum Duo is besig om opspraak te maak met hul unieke kombinasie van ritmiese energie en melodiese drumklanke. Hierdie dinamiese pa-dogter-duo bring 'n vars klank na die musiektoneel en het reeds gehore regoor die land aan die dans.

Hoe Dit Alles Begin Het
Die storie van Drommedaris Drum Duo begin tydens die inperking toe hul planne om na Florida te emigreer, onverwags in die wiele gery is. Hans Drommedaris en sy dogter, Alika du Plessis, moes skielik 'n nuwe plan bedink nadat hulle hul musiekskole verkoop en alles ingepak het vir 'n nuwe begin wat nooit gebeur het nie. Maar in plaas daarvan om moed op te gee, het hulle 'n kreatiewe sprong gevat—hulle het dromme aan 'n leer vasgemaak en ‘n video opgeneem. Die resultaat? Die video het onmiddellik viraal gegaan, en ‘n nuwe musiekprojek was gebore.
Die Mense Agter Die Musiek
Hans Drom, soos hy bekend staan, het al van kindsbeen af in die musiekbedryf beweeg. Hy het op vierjarige ouderdom begin dromme speel en later in die familieband, Die Souvenirs, opgetree. Na skool het hy ses jaar in die korrektiewe dienste gewerk en was deel van die weermag-orkes, waar hy meer as 40 instrumente leer speel het. Daarna het hy vir meer as 20 jaar as ‘n Afrikaanse komediesanger opgetree en later ses musiekskole gestig, waar hy oor 1 000 studente in die kuns van dromspel opgelei het.
Alika het haar pa se passie vir musiek geërf en begin dromme speel toe sy net drie jaar oud was. Op 11 het sy reeds kitaar- en dromlesse gegee. Nadat sy op skool geboelie is, het sy besluit om eerder tuisonderrig te volg en voluit op musiek te fokus. Dit was 'n besluit wat haar gehelp het om haar talent te slyp en nou ‘n sterk invloed in die musiekwêreld te word.
Van ‘n Plastiekdrom tot Groot Verhoë
Drommedaris Drum Duo het nie net sosiale media aan die gons nie, maar hulle het ook al op van die grootste verhoog in die land opgetree. Hulle het die geleentheid gehad om die verhoog te deel met kunstenaars soos Francois van Coke, Jack Parow, Spoegwolf, Bok van Blerk, Steve en Armand Hofmeyr, Nádine, Elandré en Fatman. Hulle het ook al skares vermaak by gewilde plekke soos Sun City se Valley of the Waves, die Poison Rally en Kloof Vakansieoord.
Hulle bied ‘n energieke, melodiese drumkonsert aan, met gesinkroniseerde drompatrone en sang—all op plastiekdromme! Dit is iets wat niemand anders in die land doen nie en maak hulle ‘n unieke ervaring vir gehore van alle ouderdomme.
Wat Lê Voor?
Alhoewel Drommedaris Drum Duo moes oorbegin na die inperking, is hulle opgewonde oor die toekoms. Hulle beplan om ‘n nuwe musiekateljee op te rig, hul eie oorspronklike musiek vry te stel en plaaslik sowel as internasionaal te toer. Hulle droom ook daarvan om saam met internasionale kunstenaars soos Katy Perry, Dua Lipa en Selena Gomez te werk.
So, as jy op soek is na ‘n show wat jou verstom, verras en vol energie is, moet jy beslis vir Drommedaris Drum Duo in aksie sien. Hulle is besig om ‘n groot impak in die musiekbedryf te maak—en hulle het skaars begin!
Drommedaris Drum Duo
Sosiale Media Platforms Facebook : Kliek Hier Instagram : Kliek Hier