Chris Steyn, beter bekend as Plakkies, het die harte van Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers
verower toe hy as die wenner van die derde seisoen van Die Kontrak aangewys is.
n Splinternuwe Dansliedjie
Hierdie twintigjarige musieksensasie het onmiddellik opslae gemaak met sy debuutsnit, kortspeler en musiekvideo, getiteld Helemal, wat die eerste posisie op Apple Music beklee het binne ure ná
vrystelling. Nou is Chris terug met ’n splinternuwe dansliedjie.
Plaas Dorp Toe, geskryf deur Chris met die hulp van Georic Lomas en Marco van Deventer van
die musiekgroep ONS, is sopas uitgereik. “Dit gaan speels oor hardwerkende boere wat verdien
om ook ’n bietjie te rus, so ek nooi hulle dorp toe vir ’n lekker kuier,” verduidelik Chris.
Van Boere tot Stadsjapies
Volgens Chris plaas die liedjie hom in ’n nuwe styl, en hy is opgewonde om te sien hoe die
mense daarop gaan reageer. “Dit is ’n baie lekker ‘upbeat’ liedjie en ek dink die mense sal
aanklank vind met die lekker ‘vibe’,” sê hy.
“Dit is wel ’n lekker kuier liedjie, vir almal, nie net die boere op hulle plase nie, maar ook vir die
stadsjapies wat lus kry vir ’n lekker aandjie saam vriende,” voeg Chris by. “Die mense behoort dit
by ’n braai of by ’n kuier te speel, met die klem op ’n lekker tyd.”
n Kuier-kans en n Drankie vir ons Boere
Die musiekvideo vir Plaas Dorp Toe is in ’n yskoue Brits deur Conrad Theron en sy span by Atlas
Media verfilm. “Ons het op die plaas Model Pak verfilm en al hulle boere was goedgunstig deel
van die musiekvideo. Dit was vir my baie ‘cool’ gewees om hulle almal te ontmoet en stories te
deel.”
Verder vertel Chris dat hierdie liedjie wat die boere ’n kuier-kans wil bied ook spesiaal is omdat
hy voel die boere verdien ’n drankie. “Die boere werk baie hard om die kos wat ons eet in die
winkels te kry en ons moet dankbaar wees vir hulle,” sê Chris.
'n Blink Toekoms Wink
Alhoewel Chris nog aan die begin van sy musiekloopbaan staan, is hy reeds een van die
besigste kunstenaars in die bedryf, maar hy vat elke dag en geleentheid stap vir stap en nooit
vanselfsprekend nie.
Hy is veral opgewonde om weer by Afrikaans is Groot in November op te tree en hoop dat sy liedjies die luisteraars in ’n goeie bui kan sit en dat hulle sal kuier en dans op
al sy musiek.
Hier is die Musiekvideo
Enige verdere vrae / besprekings oor Chris Steyn kan gerig word aan Tanya Smith van Coleske Group by:
Tel: 082 323 4949