Die pandemie het die vermaaklikheidsbedryf ordentlik deurmekaar geskud. Van groot musiekfeeste tot die klein gig by jou local kroeg, alles moes aangepas word. Nou, met dinge wat weer normaal begin voel, is daar steeds 'n paar veranderinge wat hier is om te bly.

Kaartjies, Kaartjies ,Kaartjies
As jy gewoond was om by die ingang 'n kaartjie te koop, vergeet dit maar. Die meeste venues het oorgeskakel na digitale kaartjies en vooraf besprekings. Dit help om mense beter te monitor en vermy lang toue by die hek. Die downside? Dit beteken dat "last-minute" planne vir konserte nie altyd so maklik gaan werk nie.
Kleiner, maar nie noodwendig slegter
Groot skares is nog nie altyd 'n opsie nie, so baie gigs is nou kleiner en meer intiem. Dit beteken minder mense, maar ook 'n lekkerder ervaring – geen gesukkel om oor mense se koppe te sien nie! Plus, artists kry die kans om nader aan hul fans te connect.
Live streams bly 'n ding
Baie kunstenaars het tydens lockdown hul shows gestream en nou is dit 'n permanente deel van die bedryf. Selfs groot festivals bied live stream-opsies sodat mense wat nie daar kan wees nie, steeds die vibes kan geniet. Dit maak dit ook makliker vir muso’s om ‘n groter gehoor te bereik.
Meer buitelug venues
Frisse lug is blykbaar die nuwe VIP area. Buitelug konserte en feeste is die nuwe norm, en dit maak sin. Mense voel veiliger, en dit bring ‘n lekker vibe. Dit beteken ook dat daar meer fees-ervarings in natuurlike omgewings is – dink aan musiek onder die sterre of ‘n rock show langs die see.
Kontant? Wat is dit?
Baie venues aanvaar nie meer kontant nie. Jy betaal nou met jou kaart of jou foon, en dit help nie net met veiligheid nie, maar maak ook die rye korter by die kroeg. So maak seker jou banking app werk en jou foon is gelaai!
Musiekbedryf is sterker as ooit
Al was dit ‘n rowwe tyd vir kunstenaars, het die pandemie ook ‘n nuwe golf kreatiwiteit gebring. Baie musicians het nuwe musiek geskryf en hul aanhangers op ander maniere betrek. Nou, met live shows terug, is daar ‘n hernieude waardering vir live musiek – mense wil weer uitgaan, dans, sing en saam kuier.
Slotgedagte
Live musiek het verander, maar dit is nie noodwendig ‘n slegte ding nie. Of jy nou ‘n intieme akoestiese set in ‘n klein venue geniet of ‘n groot fees bywoon, die belangrikste is dat musiek leef. So, trek jou dancing shoes aan en support jou local muso’s – hulle het dit nodig!