Dodo Nyoka is geen vreemdeling in die Afrikaanse musiekbedryf nie. In 2022 het hy as die
naaswenner van die tweede seisoen van Die Kontrak uitgetree, en sy debuutenkelsnit, Foto’s, se
musiekvideo is al meer as vier miljoen keer op YouTube gekyk.
![](https://static.wixstatic.com/media/42ab9d_bb701b0fd38a49a9bbb9c7fa4dd0de0f~mv2.jpg/v1/fill/w_147,h_83,al_c,q_80,usm_0.66_1.00_0.01,blur_2,enc_auto/42ab9d_bb701b0fd38a49a9bbb9c7fa4dd0de0f~mv2.jpg)
In 2023 het hy sy aanhangers bederf met twee snitte - Frikkie vir ’n Rukkie en Country Girl van
Bloem. En nou is hy terug met ’n splinternuwe enkelsnit uit sy pen, met die titel As Ek Opstaan.
“Die liedjie is eintlik ’n briefie geskryf vir my toekomstige vrou vir wanneer ek dood is, maar dit is
ook ’n gesprek tussen my en God,” het Dodo gesê oor hierdie mengsel van rock, pop en
alternatiewe klanke.
God is die inspirasie agter die liedjie
Volgens Dodo is die inspirasie agter die liedjie God. “Die storie gaan tussen my en God, ek wou
nie wag vir my toekomstige vrou nie, so ek en God het eintlik ’n gestryery gehad en ek het ’n paar
keer geval. Maar dis ’n belofte wat ek aan God maak dat ek sal wag vir die een.”
“Hulle sê jy sal weet wanneer dit die een is, en ek dink die ‘weet’ is daardie klein stemmetjie van
God,” het Dodo gesê.
Dodo sê hy het hierdie liedjie gekies omdat hy onlangs sy lewe vir die Here gegee het. “Dit sê in
die Bybel dat ons God se bruid is. So wanneer ons onsself kies bo oor God is ons selfsugtig. So
hierdie liedjie is my belofte aan God om hom bo oor als te kies.”
“Ek voel elke man moet hierdie vir sy vrou of toekomstige vrou speel. As jy vir jou vrou wil sê hoe
lief jy haar het, sonder om woorde te gebruik, is hierdie liedjie vir jou.”
Liefde Sonder om Woorde te Gebruik
Dodo stel ook ’n pragtige musiekvideo, wat aansluit by die liedjie se woorde, vry. “As jy die
musiekvideo gaan kyk, gaan jy sien hoe my kop en my hart werk. Ek deel my hart met die
kykers,” het Dodo gesê.
Dodo sê die hoogtepunt van sy loopbaan sover is hoe die mense sy liedjie Country Girl van
Bloem ontvang het. “Dit is vir my so lekker om te sien hoe hierdie liedjie mense gelukkig gemaak
het.
Ek sê altyd ek is ’n sonneblom en die Here is die son. Sonder die son (die Here) gaan die
sonneblom dood. En dis wat ek wil wees - daai warmte en lig wat die Here vir my gee, met ander
mense deel,” het Dodo afgesluit.
Hier is die musiek video
Enige verdere vrae / besprekings oor Dodo Nyoka kan gerig word aan Tanya Smith van Coleske Group by:
Tel: 082 323 4949