Na vele versoeke van die Natallers vir Afrikaanse toneel, het Lefra Produksies besluit om twee van hul baie suksesvolle produksies Kwazulu-Natal toe te neem. Liewe Heksie speel op Saterdag, 5 Oktober om 10:00 by die Umfolozi Casino in Empangeni. Groet die Grotman 2 speel op Saterdag, 5 Oktober om 19:00 by die Umfolozi Casino in Empangeni en ook op Sondag, 6 Oktober 2024 by die Sibaya Casino naby Umhlanga.
Besprekings en inligting vir Lefra se produksies
Besprekings vir al hierdie produksies kan gedoen word by www.LTickets.co.za of 011 815 3000. Meer inligting by www.lieweheksie.co.za of www.grotman2.co.za Vir groepbesprekings en navrae, skakel Monica Booysen by (011) 815-3000 of e-pos admin@lefra.com.
Liewe Heksie met trotse ondersteuning en bekende borge
Liewe Heksie word aangebied met die trotse ondersteuning van Van Loveren Wyne, Hollywood Costumes, Lift, Britz Couriers and Removals, Stephnie’s en WS PianosVerna Vels se geliefde LIEWE HEKSIE, wat terloops op 42 April verjaar (ja, 42!), kruip geslag ná geslag diep in kinderharte. Sy sukkel soms met lang woorde, maar gelukkig is Blommie die Kabouter en haar geliefde Mattewis die kat altyd naby om te help.
Liewe Heksie en Botterblom: ’n Avontuur in Blommeland
Voor pouse word Liewe Heksie en Botterblom opgevoer. Botterblom is Blommeland se koei wat vir die hele Blommeland melk verskaf. Maar Botterblom is kwaad. Karring, Blommeland se melkkabouter, laat niemand by Botterblom toe nie en Botterblom raak baie eensaam. Dan begin die poppe (of is dit nou koeie?) dans. Na pouse is dit dan Liewe Heksie en die uindwergiet, waar ons Casper die tuindwerg ontmoet.
Liewe Heksie en die tuindwergie: ’n Nuuskierige ontmoeting met Casper
Toe Casper die tuindwerg op ’n dag wakker word in Liewe Heksie se tuin, is daar drama van begin tot einde. Want wie is dit agter daardie boom? Kan dit ’n stoute Gifappeltjie wees? Die maats moet kom uitvind by die Umfolozi Casino in Empangeni. Ana van Achterbergh speel die rol van Liewe Heksie, Botha Enslin die rolle van Mattewis, Kwaaitjie Kabouter, die Geelheks, Borrie die Gifappeltjie, Griet, Karel Kat en Koning Rosekrans. Elizma Byleveldt is te siene as Blommie, Kerrie die Gifappeltjie en Koning Rosekrans.
Ana van Achterbergh en Botha Enslin se veelvuldige rolle in Liewe Heksie
Phillru van Achterbergh vertolk onder andere Casper, die Tuindwergie, ‘n Gifappeltjie en Klein Kwaaitjie.GROET DIE GROTMAN 2 bekyk steeds die verskille tussen mans en vrouens. Dit is twintig jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud ... of is hulle? Die kinders is tieners met hul eiesoortige uitdagings.
Groet die Grotman 2: Twintig jaar later en steeds komies
Grotman het sy rookseine verruil vir WhatsApp-boodskappe, eposse, iPhones, Facebook, Twitter en aanlynkonserte. Die verskille tussen Mans en Vrouens is steeds daar, want mans is steeds van Mars en vrouens van Venus. In Groet die Grotman 2 word die verskille tussen mans en vrouens op komiese wyse uitgebeeld deur Grotman, Phillru van Achterbergh. Frans Swart het die teks geskryf en hanteer ook die regie.
Besprekings vir beide Liewe Heksie en/of Groet die Grotman2 kan gedoen word by www.LTickets.co.za of 0118153000