Rea le Roux is bekend vir haar treffers soos “Kaalvoet in die reën dans, Ek’s gatvol vir huis skoonmaak, Die hemel is oop vanaand, Vergewe en Vergeet om maar ‘n paar treffers te noem.
Rea le Roux is bekend daarvoor dat sy hou van eksperimenteer met verskillende genres en klanke as ‘n vermaaklikheidskunstenaar. Oor Hakke sê sy: “Ek het die geniale liedjieskrywer Roelf Fritz van Zondagkraal uitgedaag. Hy skryf briljant en al sy liedjies het diep lirieke en hy skryf soos hulle sê “musiek vir die siel’.
Uitdaging en Ontstaan van Hakke
Ek het hom uitgedaag deur hom te vra of hy dink hy kan ‘n liedjie vir my skryf wat SA se hakke sal laat stamp op die dansvloere vir somer 2024. Hy het gesê dansmusiek is nie sy styl nie maar hy sal probeer en sy kitaar opgetel. So is Hakke gebore. Ek was dadelik mal daaroor.
Uitdaging en Ontstaan van Hakke
Die akoestiese weergawe van Hakke is toe gegee vir die ander genie met wie ek werk Leon Barnardt wie enige styl musiek en musiekvideo kan vervaardig. Ek is opgewonde oor hierdie samewerking met Roelf Fritz van Zondagkraal omdat dit wys hoe veelsydig hy is as liedjieskrywer. Die Liedjie van die Somer
Hakke is vir almal en is vir die somer van 2024 om die mense te laat dans vir die somer vakansie. Trek jou Hakke aan en stamp op die dansvloer! Somer pret tye moet gevier word in HAKKE!
Rea le Roux - Hakke
Vir enige navrae oor Rea le Roux of die bo genoemde lied kontak Lukas Potgieter van LCP Productions by:
Tel: 0815790899