Met die jaar wat vinnig einde se kant toe staan, het Riaan besluit om sy aanhangers op ’n spesiale manier te bederf: met die uitreiking van sy nuutste enkelsnit, “Vitamiene See”.
Inspirasie uit Liefde: 'Vitamiene See' en Melissa se Aanmoediging
Hierdie vrolike liedjie, wat deur Riaan self geskryf is, is geïnspireer deur sy vrou, Melissa, wat hom aangemoedig het om ’n liedjie te skryf oor die vakansiegevoel by die see. “Dis ’n ligte liedjie wat hopelik niks anders doen as om jou gelukkig te maak nie,” sê Riaan.
Mauritius Reis: Die Energie agter 'Vitamiene See'
Die liedjie is geskryf met die vakansie-energie van hul onlangse Mauritius-reis in gedagte, waar dit al klaar as die klankbaan vir hul wegbreek gedien het. Riaan is bekend vir sy vermoë om onverwags kreatief te wees, en hierdie projek is geen uitsondering nie. “Om binne drie weke ’n liedjie te skryf, te vervaardig en vry te stel, is soos om ’n Sondag-na-kerk maaltyd in 15 minute aanmekaar te slaan,” skerts hy.
Spanwerk en Produksie: Ricus Nel Se Rol in 'Vitamiene See'
Die produksie van “Vitamiene See” was ’n spanpoging, met Ricus Nel as vervaardiger. Riaan prys Ricus vir sy toewyding te midde van ’n besige jaar. Dié liedjie bring ’n nostalgiese, maar vars klank wat ideaal is vir enige vakansiegees, en Riaan hoop dat dit luisteraars inspireer om te ontspan en hulself te geniet – of hulle nou by die see of elders is.
Dankbaarheid vir 'Vitamiene See' Se Sukses: Melissa en die Span
Die musiekvideo is op Mauritius geskiet, met selfone as enigste toerusting. Riaan en Melissa het self die video verfilm en geredigeer, wat dit een van sy mees persoonlike en koste-effektiewe projekte tot dusver maak. Met nuwe projekte reeds in die pyplyn, beloof Riaan dat sy kreatiewe reis net gaan aanhou verras.
Hy sluit af deur sy dankbaarheid te deel vir almal wat deel was van hierdie vinnige en opwindende reis: Arnold Coleske, Paulo Azevedo, Ricus Nel, en sy grootste ondersteuner, sy vrou Melissa.
Riaan Benadé - Vitamien See
Enige verdere vrae / besprekings oor Riaan Benadé kan gerig word aan Tanya Smith van Coleske Group by:
Tel: 082 323 4949