Pretoria, Mei 2024
Madelein Tizel 'Remix' oorspronklik gesing deur Henri Alant.
Die veelsydige vervaardiger en DJ van Welkom, Tizel keer terug met nog ʼn splinternuwe 'remix' van Henri Alant se Madelein. Tizel, wat veral vir sy talent en veelsydigheid bekend is, het konsekwent gehore beïndruk met sy musikale vaardigheid sedert sy vroeë dae as n tiener-DJ. Tizel wat naskool betrokke geraak het by Port Elizabeth se gemeenskaplike radio stasie met sy eie radio program, het later ʼn geleentheid in die Afrikaanse mark gesien.
Hy het 'remixes' van bekende Afrikaanse liedjies begin vervaardig en het op sy een verwerking van 'Boere Cinderella' meer as 3.2 miljoen strome verwerf asook sy nuwe ‘remix’ van Scallywag se ‘I Know You’re Scared’ wat tans op 2.6 miljoen strome staan op YouTube en 1 miljoen + op Spotify. Tizel skitter ook met n tamele 50 miljoen + “streams” in totaal. Dit was en is maar net die begin van Tizel se merk op die Afrikaanse musiek en die musiek bedryf in geheel.
Madelein, gesing deur Henri Alant, se melodie is gebruik van ʼn oorsese dans liedjie deur Nikolaus Presnik waarby Henri ook die voorbeeld volg van Ray Dylan se 'Jessica' wat ook op ʼn melodie van Nikolaus Presnik geskoei is.
Madelein is ʼn pop liedjie, met ʼn lekker vinnige ritme, wat beloof om jou na die dansvloer te lok. Dit is eg aan Henri se energieke styl en lus vir die lewe. Henri het die titel Madelein gekies omdat hy nog nooit ʼn Madelein ontmoet het wat nie spontaan of positief is nie. Hy glo meeste van ons ken so ʼn Madelein.
Die vars kombinasie van Tizel se polsende produksie en Henri Alant se stem en lirieke skep ʼn onweerstaanbare en dansende atmosfeer wat luisteraars lus vir die dansvloer sal hê.
Hier is Lirieke Video
Enige verdere vrae oor Tizel of die enkelsnit kan gerig word aan Lukas Potgieter van LCP Productions by:
Tel: 0815790899