Met ’n onlangse kragtoer-seisoen in Brittanje agter hom keer André, die Skreeusnaakse Hipnotiseur terug na Suid Afrika om te verfilm aan sy nuwe televisiereeks, SKATERLAG MET ANDRE! André is op soek na jong vrywilligers wat nie skaam gaan wees om pret op die verhoog te hê nie.
SKATERLAG MET ANDRE word by die New Orleans Teater by Carnival City vefilm van 18 – 28 November 2024. Persone (mans en dames) wat belangstel om deel van die televisiereeks te wees, is welkom om vir Monica Booysen te skakel of ‘n epos te stuur aan info@lefra.com Vul asseblief ook die volgende aanlyn vorm in: https://tinyurl.com/vrywilliger Kaartjies vir hierdie vertonings is ook beskikbaar by www.LTickets.co.za of 0118153000. Vermaak oor Grense – André se Toerervaringe André, die Skreeusnaakse Hipnotiseur laat ons die afgelope 30 jaar al skater met sy besondere handelsmerk van skreeusnaakse hipnotiese vermaak. Sy pad na roem het in 1994 begin, by die Victory teater in Johannesburg, waar sy seisoen van vier weke uiteindelik ’n triomfantelike 11 weke geword het. Gehoor word Sterre – Unieke Teatervermaak deur Hipnose Van daar het hy kruis en dwars deur Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe, Swaziland en Australië getoer, waar hy telkens die bywoningsrekords laat spat het waar hy ook al opgetree het.Met sy opleiding in teater en komedie bied André weer vir ons sy unieke vorm van vermaak waar lede van die gehoor en sy vrywilligers die sterre op die verhoog word. Vrywilligers word Vermaak – André se Hipnotiese Vertonings André maak gebruik van vrywilligers uit die gehoor, hipnotiseer hulle en gee dan aan die min-wetende sterre van die vertoning allerhande opdragte om hulle op verskillende vreemde, eienaardige en wonderlike maniere met mekaar te laat interreageer.André, wat opgelei is deur wyle Max Collie, se eenman-vertoning gee vir ons ’n sterk dosis komedie. Skreeusnaakse Transformasies op die Verhoog Nie twee van sy vertonings is ooit dieselfde nie – André se vertoning laat sy gehore aand na aand weer terugkom. Met die klap van sy vingers verander André die gehipnotiseerde vrywilligers in wasmasjiene, tikmasjiene, maan-mannetjies en selfs ’n Baywatch-lewensredder! En dit is maar net ’n paar van die skreeusnaakse dinge wat André voor ons oë met hipnose laat gebeur! Vrywilligers, Moenie Skrik Nie! – Jou Vyf Minute van Beroemdheid André, die skreeusnaakse hipnotiseur stel sy teatergehoor dadelik gerus dat hy net vrywilligers vir sy vertoning gebruik. Niemand sal ooit gedwing word om aan die vertoning deel te neem nie, maar dié wat dapper genoeg is om die verhoog te betree word vergoed met vyf minute van beroemdheid deurdat André met elke vertoning van hulle sterre maak. Daag Jou Maatjies uit – ’n Leeftyd se Pret met Hipnose! “Bring jou familie en vriende saam en daag hulle uit om op die verhoog te gaan! Dit skep altyd wa-vragte pret en bring die beste uit al die vrywilligers!” sê André. “As jy nog nooit ’n hipnose vertoning op die verhoog gesien het nie, is dit nou die tyd om jou kaartjie te bespreek vir die jôl van ’n leeftyd.”
Skaterlag met André Kom na VIA – Wees Deel van die Pret! André se TV-show, Skaterlag met André, sal op VIA (kanaal 146 op DSTV) te sien wees vanaf Januarie 2025. Om deel van die TV-opnames te wees, kontak asseblief vir Monica Booysen by 011 815 3000 of stuur ’n e-pos na info@lefra.com Vul asseblief ook die volgende aanlynvorm in: https://tinyurl.com/ vrywilliger