Pretoria, Mei 2024
![](https://static.wixstatic.com/media/338691_d79a2d62a8ba4c94997916019665cbcb~mv2.jpg/v1/fill/w_147,h_147,al_c,q_80,usm_0.66_1.00_0.01,blur_2,enc_auto/338691_d79a2d62a8ba4c94997916019665cbcb~mv2.jpg)
Werner Gemmerman, die vurige rooikop van Pretoria het vele speellyste gehaal met sy vorige ballade enkelsnit ‘Maak Van My Jou Gemmerman’ (geskryf deur Rudi Claase).
‘Hierdie is nog my land’ is ‘n prettige, tong-in-die-kies boere pop liedjie wat een van die huidige mees populêre liedjies by sy optredes is. Die liedjie is geskryf om die dansvloer voete te laat jeuk, die braaivleis vure te laat brand en om ons almal te herinner om tyd te maak vir pret en lag.
Geskryf deur die talentvolle sanger en liedjieskrywer Rea le Roux, opgeneem en vervaardig deur Henke ‘Koning van klawers” Vorster. Gemmerman was ook bevoorreg om twee top SA musikante op die produksie span te gehad het, naamlik Lourens Delport en Frans Moolman op ritme kitaar, elektriese kitaar en konsertina.
Hier is Lirieke Video
Enige verdere navrae oor Gemmerman of die enkelsnit kan gerig word aan Lukas Potgieter van LCP Productions by:
Tel: 0815790899
Epos: info.lcpproductions1@gmail.com