12 Junie het die Emmie Eerste Netbalspan 'n opwindende naelbyt-netbalwedstryd gespeel teen die onderwysers.
'n Gelykop Stryd
Die twee spanne was deur die loop van die wedstryd kop-aan-kop. Terwyl die Emmie dogters hul bes gedoen het om binne hul strukture te bly, het die onderwysers met 'n meer slinkse wedstrydplan hul punte aangeteken. Die spanne was teen die tyd wat die eindfluitjie geblaas het, gelykop met ses punte elk.
Spannende Eindfluitjie en Ekstra Tyd
Met die gelykop uitslag is die besluit geneem dat die span wat in ekstra tyd eerste 'n doel aanteken, die wenners sou wees. Die eerstespan het daarin geslaag om die onderwysers twee keer te verhoed om 'n doel aan te teken. Met 'n paar akkurate en vinnige gooie, het hulle die bal in hul eie doelkring besorg en die wedstryd beklink met die wendoel!
Baie Geluk aan die Emmie Dogters
Baie geluk aan die Emmie dogters wat net weereens bewys het dat hulle die beste netbalspan in Potchefstroom is! Hierdie oorwinning is 'n bewys van julle vasberadenheid en spanwerk. Hou so aan en bly ons trots maak!