🌼🌼 🌼🌼 🌼🌼 🌼🌼 🌼🌼
Met die klanke van die skool klok wat die einde van die eerste kwartaal aankondig, wil ons graag vir elke leerder, ouer en personeellid sê: baie dankie en welgedaan!Kwartaal 1 van 2025 het teen ’n spoed verbygevlieg – gevul met harde werk, opwinding, nuwe uitdagings en kostbare herinneringe. Van akademiese prestasies tot sportoefeninge, kultuurbyeenkomste en nuwe vriendskappe – almal het hulle deel gedoen om hierdie kwartaal besonders te maak.

Tyd om asem te haal 😌
Die vakansie is die ideale tyd om te rus, nuwe energie op te bou en tyd saam met geliefdes te spandeer. Moenie vergeet om ook bietjie af te skakel van skerm tyd nie – lees ’n boek, kuier saam met familie of geniet die buitelewe.
Dankie aan almal 👏
Ons wil elke ouer en voog bedank vir julle volgehoue ondersteuning. Aan ons onderwysers – dankie vir jul toewyding en die rol wat julle speel in elke kind se ontwikkeling. En aan ons leerders – ons is trots op julle!
Ons sien julle weer binnekort 📚✏
Mag hierdie vakansie ’n tyd van rus en vreugde wees. Kom terug met nuwe moed en entoesiasme vir die tweede kwartaal – gereed om aan te pak en te groei.
Geniet dit – julle het dit verdien! 🌟
🌼🌼 🌼🌼 🌼🌼 🌼🌼 🌼🌼
#GoeieWerk #EindeVanKwartaal1 #Vakansietyd #TrotsOpOnsLeerders #PotchGazette #TheGoToGuy #StroomStories #Potchefstroom #Sportstroom