Gimmies kan moontlik die volgende miljoenêr oplewer! Gimmies is trots en dankbaar soos hulle nog nooit tevore was nie, en die toekoms lyk blink vir Gimmies se eie Reinhard Liebenberg.
Reinhard Liebenberg in Top 20 van Entrepreneurskompetisie
Baie geluk aan Reinhard Liebenberg wat die ongelooflike prestasie behaal het om in die top 20 van die Maak my ’n Miljoenêr-entrepreneurskompetisie te wees. Hierdie kompetisie is hoogs mededingend en dit is 'n enorme prestasie om so ver te kom. Kyk gerus sy inskrywings video vir Maak My 'n Miljoenêr hier.
Wat is maak my n Miljoenêr?
Albert het altyd gewens dat daar ‘n entrepreneur na sy skool toe kon kom wat as ‘n mentor kon dien om hom te help met sy hoërskool besighede. Nadat hy toe sy eerste Miljoen gemaak het op 22 jaar oud, het hy dit sy lewens missie gemaak om jong Hoërskool entrepreneurs te mentor en te help om ook miljoenêrs te word. Dus, is die doel van die Maak my ‘n miljoenêr reeks tweeledig:
1. Bewusmaking van entrepreneurskap by skole
2. Bemagtiging van entrepreneurs deur mentorskap en ondersteuning Vir meer inligting, sien: www.maakmynmiljoener.co.za
Gimmies Staan Bankvas
Gimmies-gemeenskap staan bankvas agter Reinhard. Sy toewyding, harde werk en entrepreneuriese gees het hom tot hier gebring, en ons is almal agter hom soos hy aanhou om uit te blink in hierdie kompetisie. Ons weet dat hy die potensiaal het om groot dinge te bereik.
Sterkte Reinhard!
Ons wil vir Reinhard alle sterkte toewens soos hy voortgaan in die Maak my ’n Miljoenêr-entrepreneurskompetisie. Ons glo in jou en weet dat jy die wêreld kan verander met jou idees. Hou aan om jou drome na te streef en maak ons trots!
Gimmies is gevul met geleenthede en potensiaal, en Reinhard Liebenberg is 'n perfekte voorbeeld daarvan. Sy sukses inspireer ons almal en wys wat moontlik is met deursettingsvermoë en 'n passie vir sukses.
Die gemeenskap weet dat die toekoms helder is vir die leerders. Bly ingeskakel vir meer opwindende nuus en suksesse van die ongelooflike Gimmies.