Wikus van Aswegen se liefde vir rugby het reeds op vyfjarige ouderdom begin. Selfs al was hy toe te jonk om aan Bulletjie-rugby deel te neem, het hy 'n kans gekry, en van daardie oomblik af het sy rugbytalent begin blom. Sy ywer en vasberadenheid op die veld het gou vir hom 'n bynaam onder die toeskouers besorg – "Brian Habana" – 'n eerbetoon aan sy spoed en uithouvermoë.
Wikus het sy laërskooljare by ML Fick deurgebring, waar hy van o/9 tot o/13 in die A-span gespeel het. Hy het op verskeie posisies uitblink, van binnesenter tot vleuel, en sy passie vir die spel het net sterker geword. Vanaf 2019 tot 2024 was hy 'n trotse leerling aan Hoër Volkskool Potchefstroom, waar hy die nommer 14-trui gedra het.
Punte Masjien
Met groot drome van eendag vir die Springbokke te speel, het Wikus nie opgehou om sy spel te slyp nie. Hy het vir die Potch Gladiators opgetree by die Klerksdorp-rugbyfees, waar hy ses drieë behaal het. Sy onmiskenbare talent het verder opgemerk geraak toe hy 'n week later AVS Wes-Transvaal verteenwoordig by die o/19 7's Bokkieweek. In 13 wedstryde het hy 14 drieë ingepalm, en dit het gelei tot 'n spesiale oomblik in sy loopbaan—die geleentheid om Suid-Afrika te verteenwoordig by die nasionale Bokkieweek in Spanje, wat van 1-10 Desember 2024 plaasvind.
Spanje Projek
Hierdie uitnodiging is 'n groot eer en 'n stap nader aan sy droom om rugby as 'n loopbaan te volg. Om Wikus se droom waar te maak en hom in Spanje te kry, benodig ons egter die ondersteuning van die gemeenskap. Ons het ten doel om R50 000 in te samel om die reiskoste en verblyf vir hierdie merkwaardige geleentheid te dek.
Elke Bietjie Help
Elke donasie, hoe klein ook al, maak 'n verskil – al is dit net R10. Deur saam te staan en Wikus te ondersteun, kan ons help om sy drome te verwesenlik en hom die geleentheid gee om op internasionale vlak te skitter.
By voorbaat baie dankie vir elkeen se ondersteuning. Julle bydrae word opreg waardeer, en met julle hulp kan Wikus dalk eendag sy droom om 'n professionele rugbyspeler te word, verwesenlik.
Steun Wikus op sy pad na sukses deur die Back-a-Buddy-veldtog – elke bietjie help!
Kliek hier om by te dra en Wikus te help: Back a Buddy Blad