Laerskool M.L. Fick is trots om aan te kondig dat die volgende seuns gekies is vir die O/11 en O/12 Potchefstroom Distrikte-spanne. Hierdie talentvolle jong spelers het hard gewerk en verdien hul plek in hierdie spanne.
O/11 Span
Jeanlo Beckley
O/12 Span
Johan Steyn
Handré Biewenga
Etienne van den Berg
Nathan Grove
Baie Geluk en Sterkte
Baie geluk aan hierdie seuns! Die geemeenskap is uiters trots op julle en weet dat julle die skool met trots sal verteenwoordig. Julle harde werk en toewyding het vrugte afgewerp, en ons sien uit daarna om julle in aksie te sien.