Potchefstroom Gimnasium, met sy leuse "Fac et Spera" (Werk en Hoop), is diep gewortel in die dorp se geskiedenis. Gestig as 'n voorbereidingskool onder die Teologiese Skool in Burgersdorp in 1907, het dit gegroei tot 'n hoeksteen van onderwys in Potchefstroom.
By Gimmies fokus ons daarop om die regte waardes by elke leerder vas te lê, en hulle voor te berei vir die lewe na skool. Die skool is trots op sy "REGHOU"-waardes—Respek, Eerlikheid, Gimmie-guts, Hardwerkendheid, Orde en Dissipline, en Uitnemendheid. Hierdie gebalanseerde benadering verseker dat leerders goed voorberei is om die uitdagings van die samelewing aan te pak.
Adres:20 Molen St, Potchefstroom
Telefoon:018 293 0261
Webtuiste: gimmies.co.za
Epos : potchgimmies@gimmies.co.za

Spatwater en Spogswemmers by Interhuis!
🏊♂️🏆 🏊♂️🏆 🏊♂️🏆 🏊♂️🏆 🏊♂️🏆 🏊♂️🏆
Gimmies se swemmers het behoorlik golwe gemaak tydens die onlangse Interhuis-swemgala, en die uitslae wys dit! 💦🔥 Met ’n kombinasie van spoed, uithouvermoë en spanbou het hierdie leerders hul staal gewys in die swembad.
Ster-swemmers van die dag 🌊
Baie geluk aan die top swemmers van die gala wat met trots hul huise verteenwoordig het:
🏅 Jnr. Seun: Christiaan Nel🏅 Snr. Seun: Wian Bartleman🏅 Jnr. Dogter: Irma Kotze en Minke Bester🏅 Snr. Dogter: Mathilda Liebenberg
Hierdie leerders het gewys dat harde werk en toewyding regtig die verskil maak. Dit was ’n dag vol spannende wedlope, deursettingsvermoë en ongelooflike ondersteuning van langs die kantlyn af.
Gimmies bly tops! 🔵🙌
Interhuis is altyd een van die opwindendste sportdae op die kalender, en hierdie gala was geen uitsondering nie. Baie geluk aan elke deelnemer – julle is ware kampioene in en buite die swembad!
🏊♂️🏆 🏊♂️🏆 🏊♂️🏆 🏊♂️🏆 🏊♂️🏆 🏊♂️🏆
#gimmieswem #gimmietrots #interhuis #PotchGazette #TheGoToGuy #StroomStories #Potchefstroom #SkoolKompas