Potchefstroom Gimnasium, met sy leuse "Fac et Spera" (Werk en Hoop), is diep gewortel in die dorp se geskiedenis. Gestig as 'n voorbereidingskool onder die Teologiese Skool in Burgersdorp in 1907, het dit gegroei tot 'n hoeksteen van onderwys in Potchefstroom.
By Gimmies fokus ons daarop om die regte waardes by elke leerder vas te lê, en hulle voor te berei vir die lewe na skool. Die skool is trots op sy "REGHOU"-waardes—Respek, Eerlikheid, Gimmie-guts, Hardwerkendheid, Orde en Dissipline, en Uitnemendheid. Hierdie gebalanseerde benadering verseker dat leerders goed voorberei is om die uitdagings van die samelewing aan te pak.
Adres:20 Molen St, Potchefstroom
Telefoon:018 293 0261
Webtuiste: gimmies.co.za
Epos : potchgimmies@gimmies.co.za
Reinhard Liebenberg Skitter op "Maak My 'n Miljoenêr"
💰💰 💰💰 💰💰 💰💰 💰💰
Gimmies is baie trots op Reinhard Liebenberg, wat op 25 September sy entrepreneursvaardighede op die gewilde program "Maak My 'n Miljoenêr" op ViaTV ten toon gestel het. 💰Reinhard het sy entrepreneurskennis en vaardighede met selfvertroue aan ‘n paneel beoordelaars voorgelê, en sy harde werk en toewyding het vrugte afgewerp.
Hy het daarin geslaag om deel van die top 30 te wees wat na die volgende rondte deurdring – 'n ongelooflike prestasie! 🎉Die Gimmie-gemeenskap staan bankvas agter Reinhard en ons weet dat hy nog ver sal gaan.
Sy toewyding en passie vir entrepreneurskap inspireer ons almal, en ons glo dat hy op pad is om die volgende miljoenêr te word. Reinhard, sterkte met die res van jou reis – ons hou jou dop en weet dat jy Gimmies steeds trots sal maak.
💰💰 💰💰 💰💰 💰💰 💰💰
#Gimmies #GimmieTrots #GimmieEntrepreneurs #GimmieFees #PotchGazette #TheGoToGuy #StroomStories #Potchefstroom #SkoolKompas