Potchefstroom Gimnasium, met sy leuse "Fac et Spera" (Werk en Hoop), is diep gewortel in die dorp se geskiedenis. Gestig as 'n voorbereidingskool onder die Teologiese Skool in Burgersdorp in 1907, het dit gegroei tot 'n hoeksteen van onderwys in Potchefstroom.
By Gimmies fokus ons daarop om die regte waardes by elke leerder vas te lê, en hulle voor te berei vir die lewe na skool. Die skool is trots op sy "REGHOU"-waardes—Respek, Eerlikheid, Gimmie-guts, Hardwerkendheid, Orde en Dissipline, en Uitnemendheid. Hierdie gebalanseerde benadering verseker dat leerders goed voorberei is om die uitdagings van die samelewing aan te pak.
Adres:20 Molen St, Potchefstroom
Telefoon:018 293 0261
Webtuiste: gimmies.co.za
Epos : potchgimmies@gimmies.co.za
Gimmies Se Toneelgroep Skitter by ATKV-Tienertoneel Finaal
🎭🎭 🎭🎭 🎭🎭 🎭🎭 🎭🎭
Gimmies se toneelgroep het onlangs die kans gehad om aan die nasionale finaal van die ATKV-Tienertoneelkompetisie deel te neem by die Artscape-teater in Kaapstad, en hulle het die Gimmie-gees hoog gehou. 🎭👏
Hierdie kompetisie, wat vanjaar 187 produksies en 3200 deelnemers van regoor die land gelok het, is ‘n bewys van die groep se harde werk en talent. Om as een van die top 10-produksies aangewys te word, is op sigself ‘n uitsonderlike prestasie.Onder leiding van prof. Pierre-André Viviers, het die toneelstuk Spel die gehoor en beoordelaars beïndruk. Ons is uiters trots op elkeen van die leerders wat deelgeneem het en hul toewyding gewys het op die verhoog.
Uitsonderlike Prestasies en Nominasies
Die Gimmie-leerders het nie net met hul toneelstuk beïndruk nie, maar het ook in verskeie kategorieë nasionale nominasies ontvang. Dit sluit in:
Louis Combrink en Antoinette de Lange, wat genomineer is as beste beligtingsoperateurs (nasionale top 4).🎖️
Etienne Dannhauser en Shaun du Plessis, wat genomineer is vir beste akteur in ‘n ondersteunende rol (nasionale top 6).🎖️
Pieter Kruger, wat as beste akteur in ‘n hoofrol genomineer is (nasionale top 5).
Spesiale Erkenning
Ons wil ook spesiale erkenning gee aan Etienne Dannhauser, wat een van slegs vyf leerders is wat gekies is vir 'n ATKV-agentskaprol. Hierdie rol bied hom die geleentheid om oor tyd ontwikkel te word vir 'n rol in ‘n Afrikaanse kortfilm, reeks, of advertensie – ‘n besonderse mylpaal in sy loopbaan.📽
Dankie aan Ons Borg
Ons wil ook ons opregte dank uitspreek aan NWU - North-West University, wat die verblyf en klere van die groep in Kaapstad geborg het. Sonder hierdie ondersteuning sou hierdie onvergeetlike ervaring nie moontlik gewees het nie.
Baie geluk aan ons toneelgroep met hierdie wonderlike prestasie! Julle het Gimmies met trots verteenwoordig en ons sien uit na nog meer suksesse in die toekoms.
🎭🎭 🎭🎭 🎭🎭 🎭🎭 🎭🎭
#GimmieKunste #GimmieToneel #GimmieUitnemendheid #PotchGazette #TheGoToGuy #StroomStories #Potchefstroom #SkoolKompas