Potchefstroom Gimnasium, met sy leuse "Fac et Spera" (Werk en Hoop), is diep gewortel in die dorp se geskiedenis. Gestig as 'n voorbereidingskool onder die Teologiese Skool in Burgersdorp in 1907, het dit gegroei tot 'n hoeksteen van onderwys in Potchefstroom.
By Gimmies fokus ons daarop om die regte waardes by elke leerder vas te lê, en hulle voor te berei vir die lewe na skool. Die skool is trots op sy "REGHOU"-waardes—Respek, Eerlikheid, Gimmie-guts, Hardwerkendheid, Orde en Dissipline, en Uitnemendheid. Hierdie gebalanseerde benadering verseker dat leerders goed voorberei is om die uitdagings van die samelewing aan te pak.
Adres:20 Molen St, Potchefstroom
Telefoon:018 293 0261
Webtuiste: gimmies.co.za
Epos : potchgimmies@gimmies.co.za

Gimmie-hokkieseuns skop liga sterk af teen Shelly Park
🏑 🏑 🏑 🏑 🏑 🏑 🏑 🏑 🏑 🏑
Potchefstroom Gimnasium se hokkieseuns het die afgelope naweek hul liga uitstekend begin met ‘n reeks oorwinnings teen Shelly Park. Die spanne het behoorlik wys gemaak en goeie uitslae behaal – iets wat beslis trots bring vir Gimmies. 🔵👏
O.14A span wys hulle’s gereed
Die o.14A-span het goed saamgespeel en hul eerste wedstryd met 2-0 gewen. Hierdie jong span wys vroeg al hul potensiaal en het met selfvertroue gespeel.
O.16’s loop Shelly Park stukkend
Die o.16A-span het behoorlik losgetrek en met ‘n groot 10-0 oorwinning weggestap – ‘n duidelike teken dat hulle gereed is vir die seisoen.Die o.16B’s het ook gewys wat in hulle steek en hul wedstryd gemaklik met 4-0 gewen.
1ste span begin sterk
Gimmies se 1ste span het nie op hulle laat wag nie en die wedstryd met 5-0 gewen. ‘n Skoon vel en goeie samewerking op die veld wys dat die manne gereed is vir groter uitdagings wat voorlê.
‘n Belofte van ‘n sterk seisoen
Met sulke uitslae aan die begin van die liga, kan Gimmies net nog sterker vorentoe beweeg. Sterkte aan al die spanne vir die res van die seisoen – julle hou beslis die Gimmie-vlag hoog! 🏑 🏑 🏑 🏑 🏑 🏑 🏑 🏑 🏑 🏑
#GimmieTrots #GimmieHokkie #GimmieGuts #GimmieGeleenthede #Gimmies #PotchGimmies #GimmieTrots #HouByBlou #PotchGazette #TheGoToGuy #StroomStories #Potchefstroom