Potchefstroom Gimnasium, met sy leuse "Fac et Spera" (Werk en Hoop), is diep gewortel in die dorp se geskiedenis. Gestig as 'n voorbereidingskool onder die Teologiese Skool in Burgersdorp in 1907, het dit gegroei tot 'n hoeksteen van onderwys in Potchefstroom.
By Gimmies fokus ons daarop om die regte waardes by elke leerder vas te lê, en hulle voor te berei vir die lewe na skool. Die skool is trots op sy "REGHOU"-waardes—Respek, Eerlikheid, Gimmie-guts, Hardwerkendheid, Orde en Dissipline, en Uitnemendheid. Hierdie gebalanseerde benadering verseker dat leerders goed voorberei is om die uitdagings van die samelewing aan te pak.
Adres:20 Molen St, Potchefstroom
Telefoon:018 293 0261
Webtuiste: gimmies.co.za
Epos : potchgimmies@gimmies.co.za
Gimmies blink by IPE Allegretto Finaal
🔷🎭🎷🔷 🔷🎭🎷🔷 🔷🎭🎷🔷
Gimmies het tydens die finaal van die IPE Allegretto-kompetisie uitstekend presteer en die beste resultate in verskeie afdelings behaal – visuele kuns, instrumentaal, vokaal en koor. 🎉🏆 Dit is 'n ongelooflike prestasie en 'n bewys van die talent en harde werk wat in ons skool se kunste-afdelings gesien kan word.
Ons is veral trots op Johan Kotze wat puik gevaar het. Johan is die nasionale wenner van die vokale afdeling vir sangsolo met klavierbegeleiding (akoesties), met 'n uitstaande punt van 94.5%.🥇 Sy toewyding en passie vir musiek het hom reg na die top geneem, en ons is so trots op sy prestasie.
Hierdie prestasie is nie net 'n wen vir Johan nie, maar ook vir die hele Gimmie-gemeenskap wat agter hom staan. Die kunste speel 'n belangrike rol in ons skool, en ons is dankbaar dat ons soveel talentvolle leerders het wat ons naam hoog hou.🎭Baie geluk aan elke leerder wat deelgeneem het – julle het gewys dat Gimmies nie net akademies en sportief sterk is nie, maar ook op die gebied van die kunste uitsonderlik kan presteer.
🔷🎭🎷🔷 🔷🎭🎷🔷 🔷🎭🎷🔷
#GimmieKunste #GimmieTrots #GimmieGeleenthede #PotchGazette #TheGoToGuy #StroomStories #Potchefstroom #SkoolKompas