Potchefstroom Gimnasium, met sy leuse "Fac et Spera" (Werk en Hoop), is diep gewortel in die dorp se geskiedenis. Gestig as 'n voorbereidingskool onder die Teologiese Skool in Burgersdorp in 1907, het dit gegroei tot 'n hoeksteen van onderwys in Potchefstroom.
By Gimmies fokus ons daarop om die regte waardes by elke leerder vas te lê, en hulle voor te berei vir die lewe na skool. Die skool is trots op sy "REGHOU"-waardes—Respek, Eerlikheid, Gimmie-guts, Hardwerkendheid, Orde en Dissipline, en Uitnemendheid. Hierdie gebalanseerde benadering verseker dat leerders goed voorberei is om die uitdagings van die samelewing aan te pak.
Adres:20 Molen St, Potchefstroom
Telefoon:018 293 0261
Webtuiste: gimmies.co.za
Epos : potchgimmies@gimmies.co.za
Rico Leijenaar Skitter in Amerika!
🌟💙 🌟💙 🌟💙 🌟💙 🌟💙
Rico Leijenaar, 'n oud-Gimmie wat verlede jaar gematrikuleer het, het 'n indrukwekkende begin gemaak met sy akademiese en sportloopbaan in Amerika. Rico het 'n studie- en atletiekbeurs van die Universiteit van Nebraska ontvang en reeds in Augustus met sy studies daar begin. Sy talent en harde werk het hom al vinnig na nuwe hoogtes geneem!
Hy het 'n uitstaande atletiekseisoen beleef, met verskeie noemenswaardige prestasies op die atletiek- en landloopbaan. Rico het sy eerste landloopwedloop op 6 September gehardloop en het daarin geslaag om 40ste uit 357 atlete te eindig – wat 'n ongelooflike prestasie! Op 21 September het hy weereens sy merk gemaak en 10de uit 301 atlete geëindig.
Rico het verseker dat hy 'n blywende indruk maak, en ons kan nie wag om te sien hoe ver hy nog gaan vorder nie. Moenie die video misloop wat môre uitkom nie 📽 daarin deel Rico sy ervaring van oefening saam met sy spanmaats en afrigter.Gimmies, ons is trots op Rico en al sy prestasies. Hy wys werklik dat Gimmies geen grense ken nie!
🌟💙 🌟💙 🌟💙 🌟💙 🌟💙
#Nebraska #NebraskaLife #NebraskaUniversity #NebraskaAthletics #GimmieTrots #NuweHoogtes #SportLife #WysJouStaal #OudGimmie #DisMySkool #DisMySport #PotchGazette #TheGoToGuy #StroomStories #Potchefstroom #SkoolKompas