Potchefstroom Gimnasium, met sy leuse "Fac et Spera" (Werk en Hoop), is diep gewortel in die dorp se geskiedenis. Gestig as 'n voorbereidingskool onder die Teologiese Skool in Burgersdorp in 1907, het dit gegroei tot 'n hoeksteen van onderwys in Potchefstroom.
By Gimmies fokus ons daarop om die regte waardes by elke leerder vas te lê, en hulle voor te berei vir die lewe na skool. Die skool is trots op sy "REGHOU"-waardes—Respek, Eerlikheid, Gimmie-guts, Hardwerkendheid, Orde en Dissipline, en Uitnemendheid. Hierdie gebalanseerde benadering verseker dat leerders goed voorberei is om die uitdagings van die samelewing aan te pak.
Adres:20 Molen St, Potchefstroom
Telefoon:018 293 0261
Webtuiste: gimmies.co.za
Epos : potchgimmies@gimmies.co.za
Gimmies Atlete Gereed vir Top 10-Byeenkoms in Naboomspruit
🏃🏃♀ 🏃🏃♀ 🏃🏃♀ 🏃🏃♀🏃🏃♀
Die Gimmies-atlete is hard aan die werk en gereed vir die opwindende atletiekseisoen wat voorlê. Vandag vertrek 'n span gemotiveerde atlete na Naboomspruit vir die Top 10-byeenkoms, en die Gimmie-gemeenskap staan sterk agter hulle. Ons weet dat hierdie groep talentvolle jong atlete hul Gimmie-guts op die baan sal wys en ons met trots sal verteenwoordig. 💪🏼🏆
Dankie vir Ondersteuning
Ons wil ook ‘n spesiale dankie stuur aan Jean Verster, wat ruimhartig geborg het vir die span se hempies. Hierdie gebaar van ondersteuning word hoog op prys gestel, en die atlete sal verseker met trots hul Gimmie-kleure dra terwyl hulle die skool se naam hoog hou.💙🤍
Sterkte aan al die atlete wat aan die Top 10-byeenkoms deelneem. Ons glo in julle en weet dat julle op die baan sal skitter! Laat die Gimmie-gees deurskyn en wys hoekom ons die Gimmie-trots dra.
🏃🏃♀ 🏃🏃♀ 🏃🏃♀ 🏃🏃♀🏃🏃♀
#GimmieSport #GimmieAtletiek #GimmieTrots #GimmieGuts #PotchGazette #TheGoToGuy #StroomStories #Potchefstroom #SkoolKompas