Potchefstroom Gimnasium, met sy leuse "Fac et Spera" (Werk en Hoop), is diep gewortel in die dorp se geskiedenis. Gestig as 'n voorbereidingskool onder die Teologiese Skool in Burgersdorp in 1907, het dit gegroei tot 'n hoeksteen van onderwys in Potchefstroom.
By Gimmies fokus ons daarop om die regte waardes by elke leerder vas te lê, en hulle voor te berei vir die lewe na skool. Die skool is trots op sy "REGHOU"-waardes—Respek, Eerlikheid, Gimmie-guts, Hardwerkendheid, Orde en Dissipline, en Uitnemendheid. Hierdie gebalanseerde benadering verseker dat leerders goed voorberei is om die uitdagings van die samelewing aan te pak.
Adres:20 Molen St, Potchefstroom
Telefoon:018 293 0261
Webtuiste: gimmies.co.za
Epos : potchgimmies@gimmies.co.za
Gimmie-Kunste Skop Vierde Kwartaal af met Toneel- en Kabaretaand
🎨🎭 🎨🎭 🎨🎭 🎨🎭 🎨🎭
Gimmies maak gereed om die vierde kwartaal op 'n opwindende noot af te skop met 'n Toneel- en Kabaretaand. 🎤🎭 Dit beloof om weer 'n aand vir die boeke te wees, propvol vermaak en talent wat die gemeenskap sal laat glimlag.
Die skool se talentvolle leerders het hard gewerk om 'n onvergeetlike vertoning op die planke te bring. Van sielvolle kabaret tot humoristiese toneelstukke, daar is iets vir almal om te geniet.
Die gemeenskap word hartlik uitgenooi om hierdie spesiale geleentheid by te woon.🧑🤝🧑 Maak seker dat jy betyds jou kaartjies kry om nie hierdie kultuuraand mis te loop nie!
Kaartjiebesonderhede:
Datum: 3 Okt & 15&16 Okt]
Tyd: 18:30
Plek: Potchefstroom Gimnasium
Kaartjies beskikbaar by die skoolkantoor.
🎨🎭 🎨🎭 🎨🎭 🎨🎭 🎨🎭
#gimmiekunste #gimmiegees #gimmiefees #PotchGazette #TheGoToGuy #StroomStories #Potchefstroom #SkoolKompas