Potchefstroom Gimnasium, met sy leuse "Fac et Spera" (Werk en Hoop), is diep gewortel in die dorp se geskiedenis. Gestig as 'n voorbereidingskool onder die Teologiese Skool in Burgersdorp in 1907, het dit gegroei tot 'n hoeksteen van onderwys in Potchefstroom.
By Gimmies fokus ons daarop om die regte waardes by elke leerder vas te lê, en hulle voor te berei vir die lewe na skool. Die skool is trots op sy "REGHOU"-waardes—Respek, Eerlikheid, Gimmie-guts, Hardwerkendheid, Orde en Dissipline, en Uitnemendheid. Hierdie gebalanseerde benadering verseker dat leerders goed voorberei is om die uitdagings van die samelewing aan te pak.
Adres:20 Molen St, Potchefstroom
Telefoon:018 293 0261
Webtuiste: gimmies.co.za
Epos : potchgimmies@gimmies.co.za
Gimmies Lewer Nóg ’n Protea-speler op
🏏💙 🏏💙 🏏💙 🏏💙 🏏💙
Gimmies is uiters trots om aan te kondig dat hul nóg ’n Protea-speler opgelewer het! 🎉🏆 Deidré van Rensburg, 'n graad 10-leerder, is gekies om deel te wees van die Suid-Afrikaanse o.19-vrouekrieketspan wat binnekort aan die Jeug T20-internasionale reeks gaan deelneem.🏏
Hierdie is ’n ongelooflike prestasie vir Deidré en iets wat sy beslis verdien met al die harde werk wat sy ingesit het. Sy het gewys dat deursettingsvermoë, passie en 'n liefde vir die sport groot hoogtes kan bereik.🎉🏆 Ons hou haar krieketloopbaan met groot opgewondenheid dop en is seker dat sy nog baie sukses in die toekoms sal behaal.
Ons wil ook graag die afrigters, familie en ondersteuners bedank wat haar op hierdie reis ondersteun het. Deidré se toewyding en prestasie is 'n bron van inspirasie vir alle jong atlete in ons skoolgemeenskap, en ons weet dat sy ’n wonderlike voorbeeld stel vir ander wat ook droom om groot hoogtes te bereik.
Die Gimmie-gemeenskap is agter jou, Deidré, en ons wens jou net die beste toe vir die toernooi. Ons weet jy gaan Suid-Afrika en Gimmies met trots verteenwoordig!
🏏💙 🏏💙 🏏💙 🏏💙 🏏💙
#GimmieTrots #GimmieUitnemendheid #GimmiePotensiaal #PotchGazette #TheGoToGuy #StroomStories #Potchefstroom #SkoolKompas