Potchefstroom Gimnasium, met sy leuse "Fac et Spera" (Werk en Hoop), is diep gewortel in die dorp se geskiedenis. Gestig as 'n voorbereidingskool onder die Teologiese Skool in Burgersdorp in 1907, het dit gegroei tot 'n hoeksteen van onderwys in Potchefstroom.
By Gimmies fokus ons daarop om die regte waardes by elke leerder vas te lê, en hulle voor te berei vir die lewe na skool. Die skool is trots op sy "REGHOU"-waardes—Respek, Eerlikheid, Gimmie-guts, Hardwerkendheid, Orde en Dissipline, en Uitnemendheid. Hierdie gebalanseerde benadering verseker dat leerders goed voorberei is om die uitdagings van die samelewing aan te pak.
Adres:20 Molen St, Potchefstroom
Telefoon:018 293 0261
Webtuiste: gimmies.co.za
Epos : potchgimmies@gimmies.co.za

Gimmie-dansers op pad Europa toe!
💃🕺 💃🕺 💃🕺 💃🕺 💃🕺 💃🕺
Gimmies se dansers is besig om hul drome te bewaarheid! Hulle is op pad Europa toe, en dit sou nie moontlik gewees het sonder die hulp van ons gemeenskap en ruim borge nie. 😁👏
Fondsinsameling vir ‘n droom
Om hierdie reis moontlik te maak, het Gimmies verskeie fondsinsamelingsinisiatiewe gehou, insluitend Padel Americano-toernooie in November 2024 en Februarie 2025. Hierdie geleenthede was ‘n groot sukses danksy al die borge wat gehelp het met drukwerk en pryse.
Dankie aan ons borge! 🙌
Gimmies is diep dankbaar vir almal wat bygedra het. Sonder julle sou hierdie reis nie moontlik wees nie. ‘n Spesiale dankie aan:
Turkstra Bakkery
Connie Minnaar
Martinette van At Hair Unisex Salon - Potchefstroom
Die Akker-koffie Huis
Jukebox
Techno Padel
Toro Community
SMP Stationers
Everyday Diner Potchefstroom
Picture Café
Potchefstroom Academy
Platteland Slaghuis
Pick 'n Pay Van Der Hoff
Johan Cromhout
Local Choice Northmead
Circle Padel
Carlien Louw
Ons dansers is nou gereed om Suid-Afrika met trots te verteenwoordig. Dankie vir elke seëning en ondersteuning. 🌍💙
💃🕺 💃🕺 💃🕺 💃🕺 💃🕺 💃🕺
#gimmiedansers #gimmiedrome #gimietrots #PotchGazette #TheGoToGuy #StroomStories #Potchefstroom #SkoolKompas