Potchefstroomers, maak gereed vir ’n lekker kuier, want Amelia Nagmark is op pad! Op 11 April 2025 gaan Richardsonstraat 5 in Baillie Park brul met gelag, kosgeure en hope vermaak. En die beste deel? Dis heeltemal gratis!
Wat om te verwag?
As jy honger is, bring ’n groot eetlus saam, want daar is ’n spyskaart wat enige feesganger gelukkig sal maak. Van aartappel twisters, pannekoek en jaffels tot worsrolle, braaivleis en pap & sous – hier is iets vir elke smaak. As jy iets soets soek, is daar basaarpoeding, koeke en ‘n hele klomp ander lekkernye om jou lus vir suiker te stil.
Meer as net kos
Behalwe vir die eet- en drinkgoed, is daar hope ander dinge om jou besig te hou. Gas-kunstenaars gaan hul talent wys, daar is kinderpret om die jongspan gelukkig te hou, en vir die ouer garde is daar ’n tee- en biertuin. As jy van markstalletjies hou, is daar ook iets vir jou! Van handgemaakte produkte tot ingelegde lekkernye, jy gaan sukkel om met leë hande huis toe te gaan.
Wanneer en waar?
Datum: 11 April 2025Tyd: 14:00 - 21:00Plek: Richardsonstraat 5, Baillie Park, PotchefstroomToegang: Gratis!
Of jy nou kom vir die kos, die vermaak of net ’n lekker kuier, Amelia Nagmark beloof om ’n lekker fees te wees. Trek jou gemaklikste skoene aan, bring ’n lekker gees saam en maak seker jy is daar!
Sien julle daar!

Wat kos dit om n stalletjie te huur daar?