Potchefstroom gemeenskap kom ons kom saam vir n soet saak. Cupcake verkope vir Luna-Lamey vind plaas tydens die MooiRivier Mall se Family Fiesta, 27 April 2024. Die dag beloof om nie net vol pret en plesier te wees nie, maar dien ook 'n baie ernstige doel.
'n Dag van Musiek, Vreugde en Cupcakes
Dit gaan hier oor meer as net lekker eet en musiek. Die gemeenskap van Potchefstroom het 'n kans om die klein Luna-Lamey Hughes, wat dringend 'n breinoperasie nodig het, te ondersteun. Met slegs R15.00 per cupcake kan besoekers nie net hul soettand bevredig nie, maar ook bydra tot 'n lewensveranderende saak.
Hoe kan jy help?
Die doel is groot – R200,000 is nodig vir Luna-Lamey se operasie, en elke bietjie help. Tot dusver het die gemeenskap al 'n indrukwekkende R3,500 ingesamel deur cupcakes en donasies. Vir diegene wat nie die fees kan bywoon nie, is daar ander maniere om by te dra. Oorweeg dit om 'n direkte bydrae te maak:
Bankinligting vir Donasies:
Bank: ABSA Bank
Rekeningnaam: Anel Jansen Van Rensburg
Rekeningnommer: 9383680255
Tipe: Spaarrekening
Kom kuier saam!
Kom geniet 'n dag vol musiek en lekkernye by die Mooirivier Mall. Elke cupcake wat jy koop, en elke rand wat jy skenk, bring ons een stap nader aan die doel. Vir meer inligting, besoek die BackaBuddy-veldtog of gaan loer in op Luna-Lamey se Facebook-blad.
So, Potchefstroom, kom wys ons hoe groot ons harte regtig is. Kom ons maak Saterdag 'n dag om nooit te vergeet nie – alles vir ons dapper klein vegter, Luna-Lamey.