As jy al ooit gedink het jy wil met klei speel, maar nie geweet het waar om te begin nie, hier’s nou jou kans. Potch se eie Kosmos Pottery bied pottery klasse aan vir beginners en vir die wat al ‘n bietjie meer weet wat hulle doen. Dis die perfekte manier om kreatief te wees in 2025 – plus jy kry ‘n legitieme verskoning om jou hande vuil te maak!
Wat jy kan verwag
Die klasse is gemaklik en lekker informeel. Jy kry die basics van pottery stap-vir-stap geleer – van hoe om die klei te vorm tot hoe om jou meesterstuk te bak (en hopelik breek jy dit nie in die proses nie). Beginners is baie welkom, so jy hoef nie te worry oor hoe artistiek jy is nie.
Klas tye vir elke skedule
Daar’s verskillende tye om by jou skedule te pas. Of jy nou ‘n oggendmens is of iemand wat eers ná werk kreatief raak, daar’s ‘n klas vir jou:
Maandagoggende: 10:00 – 12:00
Maandagaande: 17:30 – 19:30
Woensdagaande: 17:30 – 19:30
Woensdae & Saterdae oggende: 09:00 – 13:00 (slegs 2 keer per maand)
Die damage?
Dis R590 per maand, en jy kry vier klasse – dis agt ure van lekker klei-pret. Jy gaan nie sommer goedkoper kreatiewe terapie kry nie!
Hoe om te join
Whatsapp net Monia by 083 975 5351 en bespreek jou plek. Die klasse vul vinnig op, so moenie uitstel nie. Dis by Plot 496, MC Roode Straat, (by Waffel & Co), wat maklik bereikbaar is.
Enige verskoning nodig?
Pottery is die perfekte manier om iets nuuts te probeer, jou kop skoon te kry en sommer net bietjie uit jou comfort zone te klim. Plus, jy gaan iets hê wat jy self gemaak het – selfs al lyk dit nie soos iets uit ‘n art gallery nie, dis steeds joune.
So, wat wag jy nog vir? Gooi daai voorbehoude by die venster uit en kom speel met klei!