Die jaarlikse Pampoenfees by Diggers-Inn, Rysmierbult, is om die draai en beloof om 'n dag van groot pret, lekker kos en natuurlik reuse pampoene te wees. Die fees vind plaas op 8 Maart 2025, en deelnemers gaan meeding om die Pampoen Kampioen-titel.
Feesprogram
Die dag skop af met die inweeg van die pampoene vanaf 15:00 – 16:00. Daarna kan feesgangers ontspan en die eerste Skemer sessie geniet van 16:00 – 17:00.
Die prysuitdeling en boeresport volg van 17:00 – 18:00, waar wenners gekroon word en deelnemers hulle spiere kan wys met eg Suid-Afrikaanse landelike speletjies. Die aand word afgesluit met nog ‘n Skemer sessie van 18:00 – 19:00, perfek vir geselskap en om die dag se gebeure te herleef.
Kaartjies en Toegang
Die koste vir deelname is R70 per persoon, terwyl laerskoolkinders net R30 betaal. Kinders onder 6 jaar kry gratis toegang.
Bring Saam
Om die fees reg te geniet, onthou om jou eie kampstoel saam te bring. Cooler bokse is welkom, en daar is ook 'n kontant kroeg beskikbaar vir diegene wat wil afkoel met 'n koue drinkding.
Ligging en Akkommodasie
Die fees vind plaas 38 km vanaf Carletonville en 50 km vanaf Potchefstroom. Akkommodasie is beskikbaar vir dié wat nie wil huis toe ry nie en die fees langer wil geniet.
Musiek en Vermaak
Musiekliefhebbers sal ook nie teleurgesteld wees nie, want die gewilde Skemer gaan sorg vir 'n lekker kuier atmosfeer met goeie musiek.
Kontakbesonderhede
Vir meer inligting, kontak Beverley by 083 232 1076 of besoek die Facebook-bladsy: Hier Klik
Maak gereed om jou pampoen te weeg, jou lagspiere te oefen en die dag saam met mede-feesgangers te geniet! Wie weet, dalk is JY hierdie jaar se Pampoen Kampioen!