Op 14 Februarie 2025, net betyds vir Valentynsdag, hou Riverbank Villas 'n spesiale "Couples Painting" aand saam met Anrie van Kuns en Klets. Hierdie unieke geleentheid bring paartjies (of vriende) bymekaar vir 'n aand van kreatiwiteit, geselskap en heerlike kos.
Wat kan jy verwag?
Die aand begin om 17:30 vir 18:00 by Riverbank Villas, geleë op 26 Postma Straat, Potchefstroom. Vir slegs R780 per paartjie kry jy:
Twee canvasse om saam aan te werk
Verf en al die nodige kunsbenodigdhede
'n Chef platter vir twee
'n Welkomdrankie om die kreatiewe sappe aan die gang te kry
Die atmosfeer beloof om romanties en ontspanne te wees, met fairy lights en 'n gesellige kuier om die aand ekstra spesiaal te maak.
Wie kan kom?
Hierdie is nie net vir verliefde paartjies nie! Getroudes, ongetroudes, vriende en vriendinne is almal welkom. Of jy nou 'n Picasso of 'n stokmannetjie-spesialis is, die idee is om te lag, te gesels en 'n kreatiewe aand saam te geniet.
Bespreek jou plek
Moenie hierdie een misloop nie. Kontak Jessica by 071 411 4264 of Anrie by 082 774 2246 om jou plek te bespreek.
Hierdie is die eerste van vele sulke geleenthede by Riverbank Villas – so hoekom nie deel wees van die afskop nie? Kry jou plek, bring jou geliefde (of beste maat) en ervaar ‘n aand van kuns, kos en kuier in Potch. En onthou – jy hoef nie ‘n kunspro te wees om ‘n lekker aand te hê nie!
![](https://static.wixstatic.com/media/01b15c_96fff72f00bf4d94b92d693118e7d8d6~mv2.jpg/v1/fill/w_980,h_699,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/01b15c_96fff72f00bf4d94b92d693118e7d8d6~mv2.jpg)