Dit gons behoorlik hierdie Saterdag, 20 April 2024, by JB Marks Olënpark in Potchefstroom. Van vroeg oggend tot laat middag gaan die rugbyveld soos 'n miernes van aktiwiteit wees, met 'n propvol skedule wat alles insluit van klein laerskoolmanne wat hulle harte uitspeel, tot die groot manne in die SA Cup Rugby wat die skare op hul voete sal hê. Moenie jou kans mis om 'n dag vol tackels, drieë en rugbygees te beleef nie!
Klein Voetjies, Groot Drome
Die oggend skop af met ons jong rugbyhelde. Eerste op die veld is die o/9A-spanne van Laerskool President Pretorius en Potch Primary om stiptelik 08:00. Volgende, om 09:00, is dit die 0/11A-spanne van Laerskool President Pretorius en Laerskool Baillie Park wat hul staal wys. Maar moenie te ver loop nie, want om 10:00 is daar nog aksie wanneer Laerskool President Pretorius se 1Ste's die ML Fick se 2de's aandurf. Dit beloof om 'n oggend vol opwinding en jong talent te wees!
Fotos: Luiperds Rugby Facebook
Klubrugby Se Kragmeting
Teen 11:00 begin die groter ouens wys wat hulle kan doen. Die Reserve League bring vir ons 'n interessante botsing tussen Ikageng en NWU Mafikeng. Later in die dag, om 17:00, is dit tyd vir die groot wedstryd in die Neser League, waar Potch Dorp 1 en Matlosana 1 sal wys wie die konings van die kruin is. Dis 'n moet-sien vir enige rugbyliefhebber.
Fotos: Luiperds Rugby Facebook
Hoofgebeurtenis: SA Cup Rugby
As hoogtepunt van die dag, om 15:00, is dit tyd vir die groot manne om die veld te betree. Die Luiperds gaan koppe stamp met die Eastern Province Rugby Unions. Dit beloof om 'n kraker van 'n wedstryd te wees, met beide spanne wat gretig is om te wys hulle behoort aan die top.
Fotos: Luiperds Rugby Facebook
So, trek jou rugbytrui aan, pak 'n piekniekmandjie (of koop iets by een van die vele stalletjies op die terrein) en maak gereed vir 'n dag vol rugby, geselligheid en gemeenskapsgees. Ons sien uit om jou daar te hê - en onthou, 'n dag by die rugby is altyd 'n dag goed bestee!