Vir diegene wat hou van plante, kreatiwiteit en ‘n lekker kuier, bied Verlig ‘n Succulents, Sip & Learn-werkswinkel aan op Saterdag, 5 April 2025 in Hartbeesfontein.
Wanneer en Waar?
Datum: Saterdag, 5 April 2025
Tyd: 09:30 vir 10:00 (±3 ure)
Plek: Verlig (Tigane Kwekery), R503/7 pad, Hartbeesfontein
Wat Gaan Gebeur?
Leer hoe om jou eie vetplant-bal te maak.
Geniet ‘n praatjie deur Charl de Klerk van GreenGate Horticulture.
Alle materiaal, ‘n welkomdrankie en soet & sout versnaperinge is ingesluit.
Die deli op die perseel sal oop wees vir ekstra eetgoed.
Koste & Bykomende Inligting
R380 per persoon (beginners welkom).
Daar sal ekstra materiaal en vetplantjies beskikbaar wees vir diegene wat nog wil skep.
Die Verlig-winkel sal oop wees met ‘n verskeidenheid geskenke, plaaslike produkte en vetplante.
Besprekings & Navrae
📞 Nika: 076 933 2505
Kom geniet ‘n ontspanne en kreatiewe oggend saam met goeie geselskap en pragtige plante!
