As jy in Desember iets geselligs en kreatiefs wil doen, het Moon and Bloom Art Studio jou sorted. Hierdie maand is daar drie lekker sessies wat jou inner Picasso kan wakker maak—en moenie worry nie, jy hoef nie ‘n kunstenaar te wees om deel te neem nie.
Kersfees Kaartjies Maak
13 Desember 17:00–18:30
R200 per persoon
Hierdie een is ideaal vir die wat hul Kersfees vibes op kreatiewe manier wil channel. Jy kry al die kunsbenodigdhede en kan drie unieke Kersfees kaartjies maak. Beginners is welkom, so niemand sal judge as jou boompie effens skeef trek nie. Spasie is limited, so moenie laat wees nie.
Koek, Koffie en Kuns
17 Desember 11:00–13:00
R250 per persoon
Nou hier’s ‘n lekker kombinasie: verf, ‘n stukkie koek en natuurlik koffie. Dit gebeur by Die Pienk Huis, en jy kan kies of jy ‘n martini-glas of teekoppie wil skets en verf. Jy kry al die benodigdhede saam met jou treat. Wat meer wil ‘n mens hê?
Afsluitingsessie van 2024
19 Desember 10:00–11:30
R200 per persoon
Dit is die laaste waterverf sessie van die jaar—‘n rustige en mooi manier om 2024 mee af te sluit. Alles wat jy nodig het om jou skildery te voltooi is ingesluit, so jy kan net rock up en enjoy.
Om jou plek te secure, kontak Lausanne op 074 224 9349 (WhatsApp-friendly). Die sessies is beginnersvriendelik en reg vir enige iemand wat net wil bietjie chill en iets kreatief probeer. So vat ‘n break van al die silly season chaos en kom verf en kuier saam.
